Rune-inskrifte
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.


Rune-inskrifte het ontstaan as 'n tower alfabet in Noord Europa gedurende die donker eeue. Elke Rune-inskrif bestaan uit reguit strepe en stel 'n letter voor asook 'n faset van menslike ervaring en geestelike energie.
Soos met die Tarot is die oorsprong van rune-inskrifte onseker. Die oudste verwysing na Rune-inskrifte kom in 'n digvorm en dateer uit die 9de eeu. Een van die mees aanvaarde teorieë is geformuleer deur CJS Marstrander en M Hammarström, ondersekeidelik in 1928 en 1930. Die teorie stel voor dat Rune-inskrifte ontwikkel het uit Noord Italieë, binne die konteks van die Etruskiese alfabet. Die Etruskiese alfabet het ontwikkel uit die Feniciese alfabet of uit die antieke greikse alfabet.
Die term "Rune" beteken geheimenis of fluistering. Die oudste rune-inskrif alfabet staan bekend as die ou FUTHARK waar elke letter verwys na die eerste ses simbole in die stelsel. Die ou Futhark bestaan uit 24 rune-inskrifte in 'n spesifieke volgorde, wat verdeel is in drie groepe van agt inskrifte. Die ou Futhark bestaan uit die volgende simbole en hul betekenisse:
- Fehu - Rykdom en vooruitstrewendheid
- Urus - Fisiese en verstandelike gesondheid
- Thurisas - Verdediging en beskerming
- Ansus - Kommunikasie en kundigheid
- Raidho - Vervoer en verandering
- Kenas - Kreatiwiteit en produktiwiteit
- Gebo - Verbinding en verhoudings
- Wunjo - Geluk en harmonie
- Hagalas - Oorsaak-gevolg en geleentheid
- Naudis - Behoefte en kwytskelding
- Isa - Stilte en afwagting
- Jera - Oes en vergoeding
- Eihwas - Bestuur en insig
- Perdhro - Geluk en samewerking
- Algis - Leiding en hulp
- Sowilo - Krag en motivering
- Tiwas - Oorwinning en regverdigheid
- Berkana - Versorging en wedergeboorte
- Ehwas - Venootskap en werk
- Mannas - Menslikheid en samehorigheid
- Lagas - emosies en die onbewuste
- Ingwas - Avontuur en sukses
- Dagas - Balans en selfvernuwing
- Othala - Familie en tuiste
Rune-skrifte word gebruik vir waarsêery, meditasie en ook om towerkrag op te werk.