Sayeret Matkal
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Sayeret Matkal (Hebreeus: סיירת מטכ"ל – Generalestaf verkenningseenheid) is die elite spesialemageenheid van die Israel Weermag (IDF). Dit word gestig in 1957 as Eenheid 269 deur veterane van die valskermbrigade, Eenheid 101 en die Weermag Intelligensie Afdeling (Aman). Die eenheid is verantwoordelik vir teen-terreur operasies, verkenning in vyhandige gebied en intelligensie insameling. Sayeret Matkal is ook verantwoordelik vir gyselaarbevryding buite die grense van Israel. Die eenheid word geskoei op die Britse SAS en rapporteer aan Aman. Die eenheid se leuse is "Wie Waag Wen" (dieselfde as die SAS leuse).
Sayeret Matkal is veral bekend vir Operasie Donderslag, meer algemeen maar verkeerdelik bekend as Operasie Entebbe, waartydens meer as 100 Air France lugdiens pasassiers wat deur Palestynse en Duitse militantes na Oeganda gekaap is. Tydens dié operasie sterf die eenheid se bevelvoeder Jonatan "Jonie" Netanyahu.
[wysig] Geskiedenis
Sayeret Matkal is in 1957 deur 'n offisier Avraham Arnan gestig. Hy rig ‘n versoek aan die IDF Generalestaf om 'n eenheid te stig wat in vyandelike beheerde gebiede kan infiltreer ten einde uiters geheime intelligensie insamelings operasies uit te voer. Die eenheid word gebasseer op die voorbeeld van die SAS. Lede van die eenheid word onder andere opgelei deur Bedouin spoorsnyers.
In 1959, word 'n dienspligte Ehud Barak aanvaar in Sayeret Matkal. Hy sou later die eerste Matkal leier, Lt. Meir Har-Zion opvolg en Israel se mees gedekoreerde soldaat word. Barak het 'n betekenisvolle invloed op Sayeret Matkal uitgeoefen en word beskou as 'n inoverende en charismatiese soldaat. Barak het later IDF Hoof van Staf geword.
Ten spyte daarvan dat Sayeret Matkal 'n uiters geheime eenheid is, het dit 'n betekenisvolle invloed op die IDF. Die eenheid het oorspronklik helikopter infiltrasie tegnieke ontwikkel wat later algemeen deur die Israeliese weermag gebruik is. Die eenheid se gebruik van die Uzi submasjiengeweer het daartoe bygedra dat die Israel Military Industries 'n Uzi ontwikkel het met 'n wegvoubarekolf vir akkuraatheid terwyl die wapen steeds klein is vir gebruik in beperkte ruimtes.
Die eenheid was betrokke in gevegte aan alle fronte gedurende die Sesdagoorlog in 1967. Sayeret Matkal het deelgeneem aan baie teen-terrorisme operasies, insluitende die aanval op 'n Boeing 707 wat deur Swart September militantes in 1972 (Operation Isotope) en die dood van 'n aantal buskapers in die Gazastrook. Die Eenheid bly egter veral bekend vir hul 1976 redding van 106 passasiers in Oeganda (Operation Entebbe). Hoewel Sayeret Matkal ook verbind word met verskeie meer onglanse operasies word dié eenheid se betrokkenheid nie deur die IDF bevestig nie.