Sentech-toring
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Sentech-toring is 'n 240 meter hoƫ toring in Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is in 1962 gebou, en het oorspronklik bekendgestaan as die Albert Hertzog-toring, genoem na die parlementslid, Albert Hertzog, seun van die voormalige Eerste Minister, J.B.M. Hertzog. Hy was die stigter van die Herstigte Nasionale Party, en as gevolg daarvan het die toring 'n naamsverandering ondergaan, en beter bekend gestaan as die Brixton-toring, genoem na die voorstad waarin dit opgerig is. Die toring word vir radio- en televisie-uitsendings asook telekommunikasie gebruik, en huisves tans Sentech-personeel. Voordat dit in Januarie 1981 vir die publiek gesluit is, was dit 'n gesogte uitkykpunt en het beskik oor die vinnigste hysbak in die suidelike halfrond.