Siaan (kleur)
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
#00ffff |
Siaan is 'n suiwer spektrale kleur, maar dieselfde tint kan ook voortgebring word deur gelyke hoeveelhede groen en blou lig te meng. Siaan is dus die komplement van rooi: siaanpigmente absorbeer rooi lig. Siaan word ook soms blougroen genoem, en word baie keer nie van ligblou onderskei nie.
'n Voorbeeld van 'n siaankleur in die RGB kleurspasie het sterktes <0, 255, 255> op 'n 0 tot 255 skaal.
Siaan is een van die algemene inke wat in vierkleur-drukwerk gebruik word, tesame met magenta, geel en swart; hierdie stel kleure word na verwys as CMYK.
[wysig] Kleurkoördinate
- Hex triplet = #00FFFF
- RGB = (0, 255, 255)
- CMYK = (255, 0, 0, 0)
- HSV = (180, 100, 100)
[wysig] Sien ook
- Lys van kleure
Elektromagnetiese Spektrum
Radiogolf | Mikrogolf | Infrarooi | Optiese spektrum | Ultraviolet | X-straal | Gammastraal Sigbaar: Rooi | Oranje | Geel | Groen | Siaan | Blou | Violet |