Steve Mokone
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Stephen (Steve) "Kalamazoo" Mokone (Doornfontein, Johannesburg, 1932) is 'n vroeƫre sokkerspeler uit Suid-Afrika.
Hy het as jongeling eers gespeel in Johannesburg, Sopiatown en Kilnerton (by Pretoria). Later het hy by Coventry City in Engeland (1955-1957) en die Nederlandse klub SC Heracles (1957-1958) gespeel, en ook by FC Barcelona, Olympique Marseille, Torino FC en Valencia CF. Hy was een van die grootste sokkerspelers van sy tyd.
Oor sy lewe by SC Heracles in die Nederlandse stad Almelo het die Nederlandse joernalis Tom Egbers 'n boek geskryf, De Zwarte Meteoor. Daar is in 2000 'n rolprent gemaak van hierdie boek.