Stilfontein
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Stilfontein is 'n dorp wat tussen Klerksdorp en Potchefstroom in die Noordwes-Provinsie van Suid-Afrika lê.
Die dorp word in 1949 as 'n woongebied vir die Hartebeesfontein-, Buffelsfontein- en Stilfontein-goudmyne gestig. In Maart 2005 skud 'n aardbewing die stad en beskadig geboue. As oorsaak van die ramp is mynbou-aktiwiteite in die omgewing aangewys, en die Hartebeesfontein- en Buffelsfontein-myne is gevolglik gesluit.