The War of the Worlds
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
The War of the Worlds is 'n klasieke wetenskapfiksieverhaal geskryf deur H. G. Wells in 1898. Die verhaal beskryf die gebeurtenisse wanneer ruimtewesens van Mars die Aarde inval en probeer oorneem, en word vertel vanuit die oogpunt van die hoofkarakter, 'n Londense skrywer.
'n Groot aantal boeke, films, televisiereekse en strokiesverhale wat op elemente vanuit Wells se boek gebaseer is, het intussen die lig gesien: Die mees onlangse voorbeeld hiervan is 'n film deur Steven Spielberg met dieselfde titel as die boek. Die hoofrolle word vertolk deur Tom Cruise en Dakota Fanning .