Villa Bouchina
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Villa Bouchina is 'n huis in die Nederlandse stad Doetinchem wat in die Tweede Wêreldoorlog gebruik is as reserveringskamp om Jode in te laat woon wat spesiale beskerming van die Duitsers gekry het, vanweë 'n doel wat hulle vir die oorlog bereik het. Die taktiek, wat deel is van Plan Frederiks, wat hieragter sou sit is dat mense wat miskien aanspraak maak 'n uitsonderingsgeval is, sou gaan veg vir hulle regte en nie sou onderduik nie.
In die kamp het onder andere 'n tekenaar (Jo Spier) met sy familie geleef, 'n vrou wie se man vir Duitsland geveg het aan die front en 'n aantal oue NSB'ers. In totaal is die pand uiteindlik bewoon deur 9 jode. In Februarie 1943 trek die 'Mussert-Jode' in die huis in en sy bly tot 21 April van dieselfde jaar. Daarna word hulle gedeporteer na Theresiënstadt, waar vier van hulle sterf aan die gevolge van hulle behandeling in die kamp.
Langs Villa Bouchina is daar twee gelyksoortige kampe in Barneveld, in die gebied van Doetinchem, waarin in totaal ongeveer 700 Jode beskerm is. Die kampe heet kasteel De Schaffelaar en Huize de Biezen.
[wysig] Eksterne skakels
- Navorsingswerf vir Villa Bouchina (in Nederlands)