Vladimir Komarov
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Vladimir Michailowitsj Komarov, cirillies Владимир Михайлович Комаров, (16 Maart 1927 - 24 April 1967) was 'n Sowjetse ruimtevaarder. Hy was die eerste mens wat gesterf het gedurende 'n ruimtesending, op Sojoes 1.
Hy is gebore in Moskou, USSR (nou Rusland).
Hy was gekies om 'n ruimtevaarder te word in 1960 saam met die eerste ruimtevaardergroep. Nadat hy die rugsteun was vir Pawel Popowitsj op Wostok 4, was sy eerste ruimtevlug op die Woschod 1 missie. Op sy tweede vlug, Sojoes 1, het hy gesterf toe die ruimtetuig geval het as gevolg van die faling van die valskerm.
Vladimir Komarov het die Held van die Sowjetunie en die Orde van Lenin, twee maal ontvang.
Komarov was getroud met Walentina Jakowlewna Kiseljowa en het twee kinders gehad, Jewgeni en Irina.
'n Astroiëde 1836 Komarov, wat gevind is in 1971 is na hom vernoem.