Vlag van Guinee-Bissau
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die vlag van Guinee-Bissau is in 1973 aangeneem ná die land sy onafhanklikheid van Portugal verkry het. Die vlag vertoon die tradisionele Pan-Afrika kleure, naamlik goud, groen en rooi, en ook die Swart ster van Afrika. Die vlag se ontwerp is sterk beïnvloed deur die Vlag van Ghana. Die kleure het die selfde betekenisse: in besonder, rooi is vir die bloed van martellaars, groen vir woude, en goud vir minerale rykdom.
Sjabloon:Nasionalevlae