Wit See-Oosseekanaal
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Wit See-Oosseekanaal (Russies: Belomorsko-Baltiyskiy Kanal (BBK)), is 'n skeepskanaal wat op 2 Augustus 1933 geopen is. Dit verbind die Wit See en die Oossee naby Sint Petersburg. Die oorspronklike naam was Belomorsko-Baltiyskiy Kanal imeni Stalina, "Wit See-Oosseekanaal in die Naam van Stalin" en was bekend onder die afkorting Belomorkanal. Tydens konstruksie het tot 100 000 Gulaggevangenis gesterf.
Die kanaal loop parallel aan 'n aantal riviere en twee mere, Onegameer en Vygozeromeer. Die totale lengte of roete is 227 km (141 myl). Die kanaal se ekonomiese waarde is tans beperk deur sy diepte, slegs twaalf voet (ongeveer 4 meter), wat baie vaartuie daarvan verhoed om die kanaal te gebruik.
Die Sowjetunie het die kanaal as 'n voorbeeld van die sukses van die Eerste Vyfjaarplan voorgehou. Die kanaal se konstruksie is vier maande voor die einde van die teikendatum voltooi. Die hele kanaal is oor 'n tydperk van twintig maande, tussen 1931 en 1933, byna geheel en al met handearbeid, voltooi.
Die kanaal was om die waarheid te sê die eerste groot projek wat met dwangarbeid van die Gulaggevangenes gebou is. BBLAG, die Direktoraat van die BBK Kamp, het as deel van die konstruksiediens, 'n arbeidsmag wat op 150 000 gevangenes geskat word verskaf. Die Sowjette het die projek voorgehou as bewys van die doeltreffentheid van die Gulag. Kriminele is deur sogenaamde korrektiewearbeid, "hervorm" onder brutale werksomstandighede in die BBK Kamp. 'n Sorgvuldig beplande besoek aan Belomorkanal het die ergste vergrype van 'n groep Russiese skrywers en kunstenaars weggesteek, onder wie Maxim Gorki, Aleksey K. Tolstoy, Victor Shklovsky, Mikhail Zoshchenko, wat 'n werk saamgestel het wat die projek lof toesing.
Die kanaal is herdenk deur die Russiese sigaret handelsnaam Belomorkanal.
Die kanaal is oor sy hele lengte tussen tien en twaalf voet (ongeveer 4 meter) diep, wat dit nutteloos maak vir meeste vaartuie en vandag trek dit slegs ligte verkeer - 10 tot 40 bote per dag. Selfs al is dit toe reeds as 'n totale mislukking beskryf, het Stalin dit ontken en was hy oënskynlik baie trots op die kanaal.
[wysig] verwysings
- Paul R. Gregory, Valery Lazarev and V. V. Lazarev, Economics of Forced Labor: The Soviet Gulag, Hoover Institute Press, Oktober, 2003, trade paperback, 356 bladsye, ISBN 0817939423
[wysig] Eksterne skakels
- Belomorkanal
- Foto's en inligting van die Open Society Argiewe
- Hoofstuk uit Economics of Forced Labor: The Soviet Gulag
Kategorieë: Rusland | Seevaart | Kanale