vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
14 September is die 257ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (258ste in skrikkeljare). Daar volg nog 108 dae.
Luna 2 Sowjet maanverkenningstuig.
- 1752 - Die Britse Ryk neem die Gregoriaanse kalender aan en slaan elf dae oor (2 September is in die jaar direk gevolg deur 14 September).
- 1812 - Napoleon se inval in Rusland: Napoleon en sy Grande Armée neem Moskou in, en vind die stad verlate en aan die brand.
- 1829 - Die Vrede van Adrianopel beëindig die Russies-Turkse Oorlog en die Griekse Onafhanklikheidsoorlog.
- 1854 - Tydens die Krimoorlog, die eerste moderne oorlog, begin die Beleg van Sewastopols.
- 1901 - Theodore Roosevelt word President van die VSA na die sluipmoord op McKinley.
- 1959 - Die Sowjet ruimtetuig Luna 2 stort op die maan neer en word die eerste mensgemaakte voorwerp op die Maan.
- 1960 - In Bagdad word die Organisasie van die Petrolium Uitvoerlande (OPUL) opgerig deur Iran, Irak, Koeweit, Venezuela en Saoedi-Arabië.
- 1985 - Die Sowjet-Unie verban 25 vermeende spioene as vergelding vir die 25 wat uit Brittanje gedeporteer is na die oorloop van die KGB-hoof Oleg Gordievsky.
[wysig] Geboortes
[wysig] Sterftes
[wysig] Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Dae in die Geskiedenis