vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
24 September' is die 267ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (268ste in skrikkeljare). Daar volg nog 98 dae.
- 622 - Mohammed en sy volgelinge uit Mecca voltooi hulle Hijra na Medina.
- 1664 - Anglo-Nederlandse oorloë: Nederland gee in Nieu Amsterdam, wat later tot New York Stad sou ontwikkel, aan Engeland oor.
- 1678 - Brandenburg verower die Rügen Eiland van Swede.
- 1841 - Die Sultan van Brunei dra Sarawak oor aan die Britse avonturier James Brooke.
- 1908 - Die eerste Model T Ford word gebou.
- 1976 - Rhodesië se eerste minister, Ian Smith, kondig aan dat swart meerderheidsregering binne twee jaar ingestel sou word, vyf dae na voorstelle van 'n diplomatieke afvaardiging onder leiding van die VSA gemaak is.
- 1988 - Ben Johnson voltooi die 100 meter naelloop by die 1988 Seoul Olympiese Spele in 'n Wêreldrekord tyd van 9,79 sekondes, voor Carl Lewis en Linford Christie, maar word later gediskwalifiseer vir gebruik van opkikkers.
[wysig] Geboortes
[wysig] Sterftes
[wysig] Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Dae in die Geskiedenis