Albanees
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Albanees is 'n Indo-Europese Satəm-taal. Dit is bekend sedert die 15de eeu. Die taal vorm 'n taalgroep op sy eie en dit bestaan uit baie dialekte wat by twee groepe ingedeel kan word: Ghegies in die noorde en Toskies in die suide. Albanees word ook gepraat in gebiede van die voormalige Joegoslawië en in dele van Italië.
Kennis van die taal is dus eers laat verkry, en dit is nog skamel beskryf, en dit het 'n baie groot invloed van Latyn, Turks en Grieks ondergaan. Die taal het so baie verander dat dit vandag baie ver van Proto-Indo-Europees verwyderd is.