Anchorage, Alaska
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Anchorage, Alaska is 'n stad in die Amerikaanse deelstaat Alaska. Met 260 283 inwoners volgens die 2000 sensus is Anchorage die grootste stad en ekonomiese sentrum van die staat Alaska. 'n Bietjie minder as die helfte van die staat se inwoners woon hier.
Anchorage lê in Suid-Sentraal-Alaska, 61 grade noord (omtrent dieselfde as Stockholm en St. Petersburg).
Op 27 Maart 1964 skud 'n hewige aardbewing, wat 9,2 op die Richterskaal gemeet het, die stad. Grootskaalse grondverskuiwings en 'n tsoenami berokken groot skade, en 125 mense verloor hulle lewens in die natuurramp. Die maksimale aantal verdiepings van nuwe geboue is na die aardbewing tot 21 beperk.
[wysig] Klimaat
Die gemiddelde daaglikse temperature in die somer is 13° tot 23°C, terwyl die gemiddelde temparature tydens die winter tot -15°C kan daal. Desondanks geniet die stad 'n milder klimaat as baie gebiede van die kontinentale VSA. 'n Tipiese kenmerk van Anchorage se weer is sy onvoorspelbaarheid.