Bob Woolmer
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Robert Andrew (Bob) Woolmer (Kanpoer, Indië, 14 Mei 1948 - Kingston, Jamaika, 18 Maart 2007) was 'n Engelse krieketspeler en -afrigter.
Van 1968 tot 1984 het hy gespeel vir Kent. Van 1975 tot 1982 het hy negentien toetse vir Engeland gespeel. Daarna het hy in 1985 geëmigreer na Suid-Afrika. In Suid-Afrika was hy van 1994 tot 1999 afrigter gewees van die Proteas. Later het hy teruggekeer na Engeland en as afrigter vir die Britse krieketspan opgetree. Sedert 2004 was hy afrigter vir Pakistan se nasionale krieketspan.
In Maart van 2007 het Pakistan aan Wêreldbeker-kriekettoernooi in Jamaika deelgeneem. Op 17 Maart 2007 het Pakistan onverwags met 'n driepaaltjie-nederlaag verloor teen Ierland en is Pakistan uit die toernooi uit.
Op 19 Maart 2007 was Bob Woolmer bewusteloos gevind in sy hotelkamer in Kingston, hoofstad van Jamaika. Hy is later in die hospitaal oorlede. Vermoedens bestaan dat hy vermoor is.
[wysig] Eksterne skakels
- Vrou hoor nuus toe hospitaal haar in Kaapstad bel, Die Burger, 19 Maart 2007