Boerseun
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die woord Boerseun is 'n beskrywende naamwoord, bestaande uit twee kernwoorde, boer ('n Afrikaanse woord van Nederlandse afkoms) en seun (die woord vir 'n manlike kind).
Dit het drie implikasies in die betekenis daarvan:
- Dit word algemeen kultureel gebruik, soortgelyk aan die Amerikaanse gebruik van die woord Cowboy, om 'n jong Afrikaanse man te beskryf. Dié stereotipiese boerseun is 'n jong Afrikanerman, met kakiebroek, leervelskoene en kort gesnyde hare.
- Dit kan ook verwys na 'n jong man van boere-afkoms, waar die boergedeelte van die woord (altyd met 'n kleinletter gespel) beteken dat die jongman se gesin betrokke is by die landboubedryf.
- Histories gesproke, beteken Boerseun (altyd met 'n hoofletter gespel) dat die jongeling deel van 'n groep mense is wat tydens die Groot Trek uit Kaap die Goeie Hoop van Engelse onderdrukking weggetrek het.