Cecil John Rhodes
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Cecil John Rhodes (5 Julie 1853 - 26 Maart 1902) was 'n Britse imperialis en die stigter van die staat van Rhodesië (vanaf 1980 bekend as Zimbabwe), wat na hom vernoem is. Hy het groot wins gemaak uit suidelike Afrika se natuurlike hulpbronne.
Rhodes is gebore in Bishop's Stortford, Engeland, Verenigde Koninkryk as die seun van 'n dominee, en reis na Suid-Afrika as 'n jong man vir sy gesondheid. Hy begin vinnig daarna winste maak uit die mynbedryf in die Kimberley diamantmyne, en stig sy eie maatskappy, De Beers Consolidated Mines, in 1888.
Met sy terugkeer na Engeland studeer hy by Oriel College in Oxford, maar word verplig om na 'n beter klimaat terug te keer. Hy betree die politiek deur 'n lid van die Cape House of Assembly te word. Teen 1890 word hy Eerste Minister van die Kaapkolonie. Hy word ook besturende direkteur van die British South Africa Company, wat 'n streek rofweg ooreenstemmend met die hedendaagse Zimbabwe administreer. Hy tree uit as Eerste Minister in 1896 ná 'n skandaal oor die "Jameson Raid" in Transvaal deur sy vriend, Dr. Leander Starr Jameson.
Alhoewel hy 'n leidende figuur in die politiek van suidelike Afrika gebly het, veral gedurende die Boere-oorlog, was hy altyd gepla deur sy slegte gesondheid dwarsdeur sy relatiewe kort lewe. As gevolg van sy testament is die Rhodes Scholarships daargestel, wat dit vir buitelanders moontlik maak om by die Universiteit van Oxford te studeer.
In 2004 is hy gestem tot 56ste in die Top 100 Great South Africans.