Chordata
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
- Hierdie artikel behoort versmelt te word met Chordate
Die Chordata (of 'gekoordes') is die phylumnaam vir 'n groep diere, wat die gewerweldes, maar ook 'n groep nabyverwante ongewerweldes insluit. Die gemeenskaplike faktore van al hierdie diere is dat hulle op een of ander stadium van hulle lewens rugkoorde; hol dorsale senu-koorde; faringeale splete; endostiele; en gespierde sterte wat verby die anus strek; gehad het.
Die phylum Chordata word onderverdeel in drie subphylums:
- Urochordata – Die larwe het 'n rugkoord en 'n senukoord, maar dit verdwyn teen volwassenheid.
- Cephalochordata – Die dier het 'n rugkoord en 'n senukoord, maar geen werwels nie.
- Vertebrata – Behalwe vir in die geval van die slymprik, is die dorsale hol senukoord omring deur kraakbeenagtige of benige werwels in die dier. Die rugkoord is gewoonlik verklein of afwesig in die volwassene.
Die nie-uitgestorwe Chordata word hieronder aangetoon soos hulle in verhouding met mekaar staan in 'n filogenetiese stamboom:
Phylum Chordata
- Subphylum Urochordata
- Subphylum Cephalochordata
- Craniata (diere met skedels)
- Subphylum Myxini (slymprikke)
- Subphylum Vertebrata (diere met rugwerwels)
- Klas Cephalaspidomorphi (lampreie)
- Gnathostomata (gewerweldes met kake)
- Klas Chondrichthyes (kraakbeenvis)
- Teleostomi (vis met gebeendere, ~ Osteichthyes)
- Klas Acanthodii
- Klas Actinopterygii (rog-gevinde vis)
- Klas Sarcopterygii (kwab-gevinde vis)
- Superklas Tetrapoda (vierpotige gewerweldes)
- Klas Amphibia (amfibieë)
- Amniota (amniotiese eier)
- Klas Synapsida (soogdieragtige reptiele)
- Klas Mammalia (soogdiere)
- Klas Sauropsida (die meeste van die hedendaagse reptiele)
- Subklas Anapsida
- Order Testudines (waterskilpaaie)
- Subklas Diapsida
- Order Lepidosauria (akkedisse, slange, en die tuatara, 'n likkewaanagtige dier van Nieu-Seeland)
- Archosauria
- Subklas Anapsida
- Klas Synapsida (soogdieragtige reptiele)
- Superklas Tetrapoda (vierpotige gewerweldes)
Sjabloon:Wikispecies
[wysig] Bron
Vertaal vanaf die Engelse Wikipedia. Spesifiek vanaf die artikel Chordata