Cirque de Gavarnie
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Cirque de Gavarnie is 'n bergformasie naby die dorp Gavarnie in die département Hautes-Pyrénées (Suid-Frankryk), in die bergmassief van Mont-Perdu (Pireneë), wat deur die UNESCO in 1997 tot wêrelderfenisgebied verklaar is.
[wysig] Geografie
Die Cirque de Gavarnie, 'n halfsirkel van steil rotswande, maak deel uit van die Nasionale Pireneëpark (Parc national des Pyrénées).
[wysig] Geologie
Die bergformasie met 'n deursnee van ses kilometer is een van die grootste natuurwonders en gewildste toeristebestemmings in die Pireneë-bergreeks. Die lae van grys, oker of rooskleurige kalkgesteentes is hier na bo geskuif en verrys nou tot by 3 000 meter bo seevlak.
Die loodlyn van die Cirque de Gavarnie bereik 'n hoogte van byna 1 500 meter. Talle bergspitse omring die formasie, soos byvoorbeeld die Grand Pic d'Astazou, die Pic du Marboré, die Pic de la Cascade Orientale, die Tour de Gavarnie, die Casque du Marboré en die Pic du Taillon. La Brèche de Roland is 'n geologiese kuriositeit - hierdie gletserkloof is toeganklik vanuit die Col de Boucharo naby die vakansieoord en skigebied van Gavarnie-Espécières.