Clarens, Vrystaat
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Clarens is ‘n dorpie in die Oos-Vrystaat wat in 1912 tussen hoofsaaklik sandsteenberge gestig is. Die dorp is vernoem na Clarens in Switserland waar President Paul Kruger van die Zuid-Afrikaansche Republiek oorlede is. Clarens is besonder gewild onder toeriste aangesien dit een van die mooiste bergdele in Suid-Afrika is. Clarens is naby die Golden Gate Hoogland Nasionale Park geleë.