Deceptioneiland
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
- Vir die eiland in Washingtonstaat, kyk Deceptioneiland (Washington).
Deceptioneiland | |
---|---|
Ingang tot Deceptioneiland, Livingstoneiland in die agtergrond. |
|
Hoogte: | 576 m (1,890 voet) |
Ligging: | Antarktika |
Tipe: | Caldera |
Vorige uitbarsting: | 1970 |
Deceptioneiland is 'n eiland in die Suid-Shetlandeilande naby die Antarktikaskiereiland in Antarktika. Dit is bekend daarvoor dat dit een van die veiligste hawens in Antarktika het, en dat dit 'n aktiewe vulkaan is, waarvan die uitbarsting in 1970 ernstige skade aan wetenskapstasie daar versoorsaak het. Die eiland is geleë by 62°57′S 60°36′W. Dit is rofweg sirkelvormig met 'n deursnee van omtrent 12 km (7 myl) en die eiland se hoogste punt, Mt Pond, is 542 m (1778 voet) hoog. Die middelpunt van die eiland is 'n groot baai genaamd Port Foster, omtrent 9 km (5.5 myl) lank en 6 km (3.6 myl) wyd, en dek dus die grootste deel van die middel van die eiland. Die baai het 'n nou ingang, slegs 230 m (754 voet) wyd, genaamd Neptunes Bellows. 'n Gevaar is Ravn Rock, wat 2.5 m (8 voet) onder die water in die middel van die kanaal lê. Net binne Neptunes Bellows lê die inham Whalers Bay, wat begrens word deur 'n groot swart sand strand.
Sedert die vroeë 19de eeu was Deceptioneiland 'n gunsteling toevlugsoord teen die storms en ysberge van Antarktika. Dit is aanvanklik deur robjagters gebruik en in 1906 het 'n Noorweegs-Chileense walvisjag maatskappy begin om Whalers Bay te gebruik as 'n basis vir 'n fabriekskip, die Gobernador Bories. Ander walvisjag bedrywe het die voorbeeld gevolg, en teen 1914 was daar 13 fabriekskepe daar gestasioneer.
Die stasie het nie self walvisspek verwerk nie – dit is op die skepe gedoen, maar het in plaas daarvan die karkasse geneem en die gekook om addisionele walvisolie te onttrek, deur groot ketels te gebruik en die resultaat in ystertenks te stort.
Walvisoliepryse het in die Groot Depressie geval wat die stasie onekonomies gemaak het en dit is in 1931 verlaat. Vooruitgang in fabriekskepe het kusstasies vir karkasverwerking onnodig gemaak en dit is dus nooit herbeset nie. 45 manne is in die stasie se begraafplaas begrawe, maar die begraafplaas is in 'n 1969 uitbarsting bedek en die enigste oorblywende tekens is roestende ketels en tenks.
Ander oorblyfsels by Whalers Bay sluit in 'n vliegtuig loods met 'n helder oranje verwaarloosde vliegtuigromp daarbuite, en die Britse wetenskaplike stasiehuis, waarvan die middel deur die moddervloed in 1969 uit geruk is.
In die 1940's en 1950's het Argentinië en die Verenigde Koninkryk gewedywer om die beheer van Deceptioneiland met verskeie oor en weer verwydering van mekaar se vlae, en tydelike besetting van die eiland.
Op 3 Februarie 1944 vestig die Britte 'n permanente basis op Deceptioneiland, as deel van Operasie Tabarin, wat tot 5 Desember 1967 bewoon is toe 'n Vulkaanuitbarsting 'n tydelike ontrekking afgedwing het. Dit is weer gebruik tussen 4 Desember 1968 en 23 Februarie 1969, toe verder vulkaanaktiwiteit veroorsaak het dat dit verlaat is.
In 1955 het Chile die land se stasie, Pedro Aguirre Cerda, by Penduluminham ingehuldig, om die Chileense teenwoordigheid in die sektor, waarop die land aanspraak maak, te versterk.
In 1961 besoek Argentinië se president Arturo Frondizi die eiland om Argentinië se belang aan te toon.
In 1968 verwoes 'n vulkaanuitbarsting die Chileense stasies Pedro Aguirre Cerda en Gutierrez Vargas.
Die vulkaan het ander pogings om permanente fasiliteite te handhaaf grootliks verhoed en sedert 2000 is slegs twee stasies steeds in gebruik, beide –slegs somer— stasies:Spanje het Gabriel de Castilla, en Argentinië Decepciónstasie.
[wysig] Ekologie
Deceptioneiland het verskeie kolonies chinstrap penguins, en dit is moontlik om 'n warm bad te hê deur in die sand op die strand te grawe. Die eiland is tans 'n gewilde toeriste besoekpunt in Antarktika.
[wysig] Eksterne skakels
- Amptelike Deceptioneiland webwerf
- "Steamed Ice and Frosted Lava" Verslag van 'n toeris se besoek aan Deceptioneiland
- Britse Deceptioneilandstasie