Ecuador
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
|
|||||
Nasionale leuse: La Paz y el Bienestar, la Gloria y el Triunfo (Spaans); Die Vrede Welsyn, die Glorie en die Oorwinning |
|||||
Volkslied: Salve, Oh Patria | |||||
![]() |
|||||
Hoofstad | Quito 00°9′S 78°21′W |
||||
Grootste stad | Guayaquil | ||||
Amptelike tale | Spaans | ||||
Regering | Demokratiese Republiek Alfredo Palacio 1 |
||||
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
- Datum |
van Spanje 24 Mei, 1822 |
||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
1_E12 283 560 vk km (71ste) |
||||
Bevolking - 2002 skatting - Digtheid |
13 183 978 (62ste) 36 / vk km |
||||
BBP (PPP) - Totaal - Per kapita |
2004 skatting $281,1bn US (33ste) |
||||
HDI | |||||
Geldeenheid | VSA dollar2 (USD ) |
||||
Tydsone - Somertyd |
COT (UTC-5; UCT-6 (Galápagos Islands)) 'nie gebruik nie' (UTC-5;) |
||||
Internet TLD | .ec | ||||
Skakelkode | +593 |
||||
1 na 'n staatsgreep in April 2005 teen Lucio Gutiérrez. 2 Sucre tot 2000. |
Ecuador is 'n land in die middel van Suid-Amerika wat in die noorde grens aan Colombia, in die ooste en die suide aan Peru, en in die weste aan die Stille Oseaan. Die naam van die land is Spaans vir die ewenaar, wat deur die land loop. Die land sluit die Galápagos-Eilande (Spaans: 'Colón Archipelago') in die Stille Oseaan, ongeveer 965km wes van die vasteland, in. Die eilande het 'n belangrike rol gespeel in Darwin se reise wat sy idees oor evolusie help vorm het. Ecuador was deel van die magtige Inkaryk, een van die mees gevorderde beskawings in die nuwe wêreld, wat ook Peru en Bolivia ingesluit het. Ecuador is 'n olieprodusent en was van 1973 tot 1992 'n lid van OPUL.
Inhoud |
[wysig] Geskiedenis
Gevorderde beskawings het reeds in Ecuador floreer toe die land in die 15e eeu deur die Inkas verower is. Die Spaanse conquistadores verower die Inkaleërs in 1534 en die Spaanse koloniste word die nuwe elite. Die inheemse bevolking is afgemaai deur die uitbreek van siektes waarteen die Inkas nie weerstand gehad het nie en is onderdruk deur die "encomienda"-arbeidstelsel waarvolgens hulle vir Spaanse grondeienaars moes werk. In 1563 word die nuwe hoofstad, Quito, in Ecuador 'n setel van die koninklike "audiencia" (administratiewe distrik) van Spanje.
Na onafhanklikheidsmagte die koninklikgesinde weermag in 1822 verslaan het, sluit Ecuador aan by Simon Bolivar se Republiek van Gran Colombia, net om in 1830 'n aparte republiek te word. Die 19de eeu is gekenmerk deur onbestendigheid en vinnig opeenvolgende heersers. Die konserwatiewe Gabriel Garcia Moreno verenig die land in die 1860's met die ondersteuning van die Katolieke kerk. In die laat 1800's, dra die wêreldwye vraag na kakao daartoe by dat die land se ekonomie swaar steun op uitvoer van primêre produkte en lei dit tot migrasie van die hooglande na die landbouvoorposte langs die kus.
'n Kusgebaseerde revolusie in 1895 onder leiding van Eloy Alfaro het die mag van die kerklui verminder en die weg gebaan vir kapitalistiese ontwikkeling. Die einde van die kakaovoorspoedgolf het hernude politieke onstabiliteit te weeg gebring en gelei tot 'n militêre staatsgreep in 1925. Die 1930's en 1940's is die regering gekenmerk deur populistiese politici soos die vyf-keer President Jose Velasco Ibarra.
Resessie en populêre onrus het in die 1960's terugkeer na populistiese politiek en binnelandse militêre ingrypings gelei, terwyl buitelandse maatskappye oliebronne in die Ecuadoriaanse Amasone ontwikkel het. In 1972, het 'n nasionalistiese militêre regering aan bewind gekom en die nuwe olierykdom en buitelandse lenings gebruik vir 'n industrialisasieprogram, grondhervorming, en subsidies vir stedelike verbruikers. Terwyl die olie-opbloei begin taan, het Ecuador in 1979 teruggekeer tot demokrasie, maar teen 1982 het die regering 'n ekonomiese krisis in die gesig gestaar gekenmerk deur inflasie, begrotingstekorte, 'n dalende geldeenheid, skuld wat ophoop en 'n onmededingende industrie.
Sedert die terugkeer na demokrasie het opeenvolgende presidente probeer om die oligargie te breek deur verskeie pogings om ekonomiese hervormings in werking te stel. Meeste hiervan het egter gefaal, óf as gevolg van weerstand deur die heersende klas óf as gevolg van korrupsie. In 2005 is die president, Gutierezz, afgeset vanweë korrupsie en diefstal wat daarna lei tot politieke chaos wat tans ondervind word.
Hoewel Ecudaor vir meeste van die 20ste eeu politieke onrus beleef het was dit tog heelwat rustiger as die naburige Colombia. Tussen 1999 – 2003 het enorme getalle Comlombiane na Ecuador gevlug met die gevolg dat daar nou 'n groot hoeveelheid Comlombiane in Ecuador is.
[wysig] Geografie
Ecuador is 'n kleurryke land met drie verskillende klimate: 1) Costa (kus) - sonnig en warm met perfekte strandweer. 2) Sierra (die hoogland) - die Andesgebergte loop deur die middel van die land en die stede wat daar geleë is, is ten minste 1000m bo seespieël en is dus aangenaam koud en daar val ook sneeu. 3) Amazonas (die Amasone) die reënwoud met 'n reënwoudklimaat.
Die Galápagos-eilande met hulle besondere fauna vorm deel van Ecuador.
- lengte landgrense: 2010 km (590km met Colombia, 1420km met Peru)
- kuslyn: 2 237km
- grootste riviere: xxxx, #### km.
- grootste meer: xxxx, #### km2
- hoogste punt: Chimborazo in die Andes (6 310m)
- laagste punt seevlak
[wysig] Demografie
Kolonisasie deur die Spanjaarde en Europeërs uit Suid-Amerika, slawe uit Afrika wat hulle saamgebring het, en die inheemse Indiane wat oorleef het, dra by tot 'n land met ryk diversiteit. Die grootste etniese groep is die Mestizos (van gemengde Spaans en Indiaanse afkoms) en verteenwoordig net meer as 65 persent van die bevolking. Die Andes-Indiane (indigenas) vorm die tweede grootste groep (~30%). Blankes is meestal Kreole, afstammelinge van die Spaanse koloniste wat nie met ander groepe vermeng het nie en vorm 7% van die bevolking. Die res bestaan uit 'n klein minderheid Afro-Ecuadoriane, insluitend Mulatto's en Zambo's.
[wysig] Kultuur
Ecuador se kultuur is 'n spieëlbeeld van die land se demografie en bestaan uit 'n kookpot van verskillende invloede. Baie soos die voorouers van die Mestizomeerderheid, is die kultuur van Ecuador 'n mengsel van Europese en Indiaanse invloede, met verskeie ander elemente geërf van afstammelinge van die slawe uit Afrika. 'n Verskedenheid musiek- en dansstyle word beoefen insluitend: Salsa, Merengue, Bachata, Reggaeton, Cumbia, Vallenato, Samba en Capoeira.
Bowen die nasionale kultuur beoefen baie van die inheemse gemeenskappe ook hulle eie kulture.
[wysig] Eksterne skakels
- Galapagos Ekotoerisme in Ecuador Vertaal vanaf die Engelse Wikipedia.
- Ekotoerisme (fr)
- Ecuaworld: die wêreld van Ecuador & Galapagos! (fr)
- Landeskundliche Informationsseite deutscher Entwicklungshilfe-Organisationen zu Ecuador (de)
- Amptelike Ecuador webtuiste Vertaal vanaf die Engelse Wikipedia.
- Ecuaworld: die Welt von Ecuador, Dschungel, Andes & Galápagos-Eilande (de)
- El Comercio (belangrike koerant uit Quito, (es)
- El hoy (ander Ecuadoriaanse dagblaaie uit Quito) (es)
- El Mercurio (Dagblad uit Cuenca, (es)
- El Universo (Koerant uit Guayaquil, (es)
- Galapagos Sjabloon:En1
- Ecuador
- Foto's van Quito, Otavalo, Cotopaxi, Tumbaco, Mitad del Mundo (de)
- Reisberig met baie beelde uit Ecuador en Galápagos
- Galápagos-Eilande
- Foto's van 5 Galápagos-Eilande (de)
- Duitse menseregte koordineringsgroep in Ecuador (de)
- Amptelike werf van die presidensie van Ecuador (es)
- Galapagos Eilande (es)
- CIA - World Factbook -- Ecuador Sjabloon:En1
- Galapagos Ecuador
- Ecuador : Land Studies - Federale navorsings Afdeling, Library of Congress Sjabloon:En1
- Ecuador Infoplease Sjabloon:En1
- LANIC Ecuador blad van die Latin American Network Information Center Sjabloon:En1
- NIC.EC - Registro de Dominios .EC del Ecuador, ccTLD Network Information Centre
- Presidencia de la República, amptelike webtuiste van die regering
- Schema-root.org: Ecuador 22 Ecuador onderwerpe, elk met 'n afsonderlike nuusstroom
- Ecuador Culture
Lande in Suid-Amerika |
---|
Argentinië | Bolivia | Brasilië | Chili | Colombia | Ecuador | Guyana | Paraguay | Peru | Suriname | Uruguay | Venezuela |
Ander: Falklandeilande | Frans-Guiana |