Epistemologie
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Epistemologie, 'n vertakking van die filosofie, is die studie van die teorie van die oorsprong, die aard, die metodes en die grense van kennis[1]. Dit hou verband met die beginsels waarvolgens onderskei kan word tussen dit wat waar en onwaar is, en dui ook die moontlike grense aan vir ons vermoë om te dink, waar te neem, en te verstaan. Dit word dikwels gekontrasteer met ontologie. Die woord "epistemologie" kom van die Griekse woord episteme wat "kennis" beteken en logos wat "woord" of "segging" beteken.