Europium
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||
Algemeen | ||||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Naam, Simbool, Getal | europium, Eu, 63 | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Chemiese reeks | lanthanides | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Groep, Periode, Blok | nvt, 6, f | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Voorkoms | silwerig white |
|||||||||||||||||||||||||||||||||
Atoommassa | 151.964(1) g/mol | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Elektronkonfigurasie | [Xe] 4f7 6s2 | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Elektrone per skil | 2, 8, 18, 25, 8, 2 | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Fisiese Eienskappe | ||||||||||||||||||||||||||||||||||
Toestand | vastestof | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Digtheid (naby k.t.) | 5.264 g/cm³ | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Vloeistof digtheid teen s.p. | 5.13 g/cm³ | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Smeltpunt | 1099 K (826 °C) |
|||||||||||||||||||||||||||||||||
Kookpunt | 1802 K (1529 °C) |
|||||||||||||||||||||||||||||||||
Smeltingswarmte | 9.21 kJ/mol | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Verdampingswarmte | 176 kJ/mol | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Warmtekapasiteit | (25 °C) 27.66 J/(mol·K) | |||||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||
Atoomeienskappe | ||||||||||||||||||||||||||||||||||
Kristalstruktuur | kubies body centered | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Oksidasietoestande | 3,2 (mildly basic oxide) |
|||||||||||||||||||||||||||||||||
Elektronegatiwiteit | ? 1.2 (Skaal van Pauling) | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Ionisasie energieë (meer) |
1ste: 547.1 kJ/mol | |||||||||||||||||||||||||||||||||
2de: 1085 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||||||||||||
3rde: 2404 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||||||||||||
Atoomradius | 185 pm | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Atoomradius (ber.) | 231 pm | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Diverse | ||||||||||||||||||||||||||||||||||
Magnetiese rangskikking | no data | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Elektriese weerstand | (k.t.) (polie) 0.900 µΩ·m | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Termiese geleidingsvermoë | (300 K) est. 13.9 W/(m·K) | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Termiese uitstetting | (r.t.) (poly) 35.0 µm/(m·K) |
|||||||||||||||||||||||||||||||||
Young se modulus | 18.2 GPa | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Skuifmodulus | 7.9 GPa | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Massamodulus | 8.3 GPa | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Poissonverhouding | 0.152 | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Vickers hardheid | 167 MPa | |||||||||||||||||||||||||||||||||
CAS-registernommer | 7440-53-1 | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Vernaamste isotope | ||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||
Verwysings |
Europium (IFA: /jʊˈrəʊpiəm/) is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Eu en atoomgetal 63. Dit is na die kontinent Europa vernoem.
Inhoud |
[wysig] Merkbare eienskappe
Europium is die reaktieftse van die seldsame aardelemente; dit oksideer onmiddelik in lug, en kom ooreen met kalsium in terme van reaksie met water; die metaal element in vastetoestand vorm is selde blink selfs wanneer dit in mineraalolie geberg word. Europium ontsteek in lug by omtrent 150 °C tot 180 °C. Dit is omtrent so hard soos lood en heel pletbaar.
[wysig] Toepassings
Daar is min kommersiële teopassings van europium metaal. Dit is egter al gebruik om sommige tipes glas om lasers te maak, so wel as om vir Down sindroom en sommige ander genetiese siektes te toets. As gevolg van die element se vermoeë om neutrone te absorbeer word dit ook bestudeer vir gebruik in kernreaktors. Europiumoksied (Eu2O3) word algemeen gebruik as 'n rooi fosfor in televisiestelle en fluoressent ligte, en as 'n aktiveerder vir yttrium-gebaseerde fosfors. Dit word ook gebruik as 'n middel om vir die vervaardiging van fluoresserende glas. Europium fluoressensie word gebruik om biomolekulêre interaksies in geneesmiddelontdekking toetse te ondersoek . Dit word ook gebruik anti-vervalsingfosfors in Euro banknote. [1]
Europium word algemeen ingesluit in spoor element studies in geochemie en petrologie om die prosesse wat stollingsgesteentes (rotse wat gevrom is uit magma of lawa wat afgekoel het) vorm te bestudeer. Die aard van die europium anomalie wat gevind word, word gebruik om die verhouding binne 'n stel stollingsgesteentes te herkonstrueer.
[wysig] Geskiedenis
Europium is vir die eerstekeer deur Paul Émile Lecoq de Boisbaudran in 1890 waargeneem toe hy basic fraction van samarium-gadolinium konsentrate verkry het wat spektrale lyne gehad het wat nie verklaar kan word uit die teenwoordigheid van samarium of gadolinium nie; die ontdekking van europium word egter gewoonlik toegeskryf aan die Franse chemikus Eugène-Antole Demarçay, wat vermoed het dat monsters van die onlangs ontdekte element samarium besoedel is met 'n element wat in 1896 onbekend is en wat in 1901 daarin geslaag het om europium te isoleer.
[wysig] Voorkoms
Europium word nooit in die natuur as 'n vrye element aangetref nie; daar is egter verskeie minerale wat europium bevat, waarvan die belangrikste bronne bastnasiet en monaziet is. Europium is ook in die spektra van die son en sekere ander sterre geïdentifiseer.
[wysig] Verbindings
Europium verbindings sluit in:
- Fluorides
- EuF2
- EuF3
- Chlorides
- EuCl2
- EuCl3
- Bromides
- EuBr2
- EuBr3
- Iodiede
- EuI2
- EuI3
- Oxides
- Eu2O3
- Eu3O4
- Sulfides
- EuS
- Selenides
- EuSe
- Tellurides
- EuTe
- Nitrides
- EuN
Europium(II) verbindings neig om die algemeenste te wees, wat 'n effense uitsondering is aangesien meeste lanthanides verbindings met 'n oksidasie toestand van +3 vorm. Europium(II) chemie is baie soortgelyk aan barium(II) chemie, aangesien hulle soortgelyke ioniese radiuse het.
[wysig] Isotope
Natuurlik voorkomende europium bestaan uit twee tabiele isotope, 151-Eu en 153-Eu, waarvan 153-Eu die vollopste is (52.2%). 35 radioisotope is gekarakteriseer, waarvan die stabielste 150-Eu is met 'n halfleeftyd van 36,9 jaar is, 152-Eu met 'n halfleeftyd van 13,516 jaar, en 154-Eu met 'n halfleeftyd van 8,593 jaar. Al die ander radioaktiewe isotope het halflewes minder as 4,7612 jaar, en die meeste het halfleeftye minder as 12,2 sekondes. Die element het ook 8 meta state, waarvan die stabielste 150m-Eu (t½ 12,8 ure), 152m1-Eu (t½ 9,3116 ure) en 152m2-Eu (t½ 96 minute) is.
Die primêre vervalmode voor die vollopste stabiele isotoop, 153-Eu, is electronvang, en die primêre mode daarna is beta-minusverval. Die primêre vervalproduk voor 153-Eu is element Sm (samarium) isotope en die primêre produkte daarna is element Gd (gadolinium) isotope.
[wysig] Voorsorgmaatreëls
Die toksisiteit van europium verbindings is nog nie ten volle ondersoek nie, maar daar is geen duidelike aanduidings dat europium hoogtoksies is in vergelyking met ander swaarmetale nie. Die metaalstof verteenwoordig 'n vuur- en ontploffingsgevaar. Europium het geen bekende biologiese rol nie.
[wysig] Verwysings
[wysig] Externe skakels
Sjabloon:Wiktionary