Genus
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Wetenskaplike klassifikasie: |
---|
![]() |
Domein |
![]() |
Koninkryk |
![]() |
Phylum |
![]() |
Klas |
![]() |
Orde |
![]() |
Familie |
![]() |
Genus |
![]() |
Spesie |
'n Genus is 'n taksonomiese groepering. 'n Genus bestaan uit een of meer spesies: as daar meer as een spesie in 'n genus voorkom sal die spesies morfologie deel wat groter ooreenkomste met mekaar toon as spesies behorende tot ander genera.
In die binomiaalnomenklatuur wat wêreldwyd in gebruik is, bestaan die naam van 'n organisme uit twee dele: die genus naam (begin altyd met hoofletters) en 'n aanduier van die spesie. 'n Bekende voorbeeld hiervan is Homo sapiens, die naam vir die menslike spesie wat aan die genus Homo behoort. Sien die artikel oor wetenskaplike klassifikasie en nomenklatuurkodes vir meer besonderhede oor hierdie stelsel.
'n Genus in een koninkryk word toegelaat om 'n naam te dra wat in 'n ander koninkryk as genus of ander taksonomiese benaming gebruik word. Al word dit ontmoedig deur die Internasionale Kode van Dierkundige Nomenklatuur en die Internasionale Kode van Botaniese Nomenklatuur is daar vyfduisend sulke name wat in meer as een koninkryk in gebruik is. Anura is byvoorbeeld die naam van die orde van paddas maar ook die naam vir 'n genus van plante. Baie genera word verder onderverdeel in subgenera.
[wysig] Sien ook
- Linnese taksonomie
- Kladistiek