Grootrietreier
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Botaurus stellaris
Die Grootrietreier of Roerdomp, is 'n seldsame standvoël.
Inhoud |
[wysig] Identifikasie
Lyk soos 'n onvolwasse Gewone Nagreier, maar is heelwat groter en bonkiger, duideliker gestreep en het 'n swart mus en geel of rooibruin oë. Sy vlerkspan is heelwat groter as die Gewone Nagreier s'n, 100-130 cm, en in vlug steek sy pote heeltemal by sy stert verby.
64-81 cm
[wysig] Habitat
'n Uiters skugter alleenloper in tydelike vloedvlaktes, standhoudende moerasse en rivierlope in grasveld; skuil in rietplate en soortgelyke digte plantegroei. Op die grond hou hulle gewoonlik in riete op soek na amfibiese diere, en vis. As hy skrik, staan hy doodstil met sy snawel boontoe gerig en daarom word hy nie maklik raakgesien nie. Hy word ook nie maklik opgejaag nie. Hulle is gewoonlik die aktiefste gedurende sonsopkoms en -ondergang.
[wysig] Verspreiding
Kom voor in die Okavangodelta en die noordelike deel van Mosambiek, asook in Suid-Afrika op 'n paar geïsoleerde plekke in Noord-Wes Provinsie, Limpopo Provinsie en Mapumalanga. Hulle getalle is besig om te verminder in die gematigde streke van Europa en Asië. Hulle kom voor in die meer gematigde westelike- en suidelike streke maar migreer suidwaarts na vriesvrye gebiede in die winter.
[wysig] Geluid
Roep "skwark" as hy opvlieg; in die nesmaaktyd (somer) is sy lae dreunende geroep bedags en snags hoorbaar. Die geluid kan die beste vergelyk word met iemand wat op 'n hol boomstomp slaan. Om wyfies te lok, maak hy egter 'n hoë, skerp geluid.
[wysig] Ander name
- Ander Afrikaanse name: Roerdomp
- Engelse naam: Bittern of Great Bittern
- Duitse naam: Rohrdommel
- Wetenskaplike naam: Botaurus stellaris
[wysig] Sien ook
[wysig] Suid-Afrikaanse voëls
- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Klasifikasie-indeks van Suid-Afrikaanse voëls
- Wetenskaplike naam-indeks van Suid-Afrikaanse voëls
[wysig] Bronne
Newman se Voëls van Suider-Afrika, ISBN 1868729826