Gewone Nagreier
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Gewone Nagreier | ||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||
|
||||||||||
Binomial naam | ||||||||||
Nycticorax nycticorax | ||||||||||
Verspreiding | ||||||||||
Die Gewone Nagreier is 'n algemene standvoël en besoeker. Die wetenskaplike naam beteken "nagraaf", en verwys na die spesie se nagtelike gewoontes en die skor kraaiagtige geluid wat dit uiter.
Inhoud |
[wysig] Identifikasie
Dit is 'n bonkige reier met 'n kort nek. 'n Volwassene het 'n kenmerkende swart mus en rug wat by sy wit en grys vlerke en onderkant afsteek. Die agterkoppluime ontbreek soms. Jonges verskil van volwasse Grootrietreiers deurdat hulle kleiner is, oranje oë het en wit kolle aan die punte van die rugvere het.
56 cm
[wysig] Habitat
Kom een-een, in pare of in groepíes langs stil rivierlope, damme en strandmere voor. Skuil bedags in bome of tussen oewerplantegroei. Soms is tot 18 voëls by mekaar te síen. Kom teen laat namiddag te voorskyn. Jag veral snags deur stil te staan aan die waterkant. Hulle vang klein vissies, garnale, paddas, klein waterdiertjies en klein soogdiertjies. Gedurende die dag rus hulle in die bosse of struike.
Die broeigebiede is vars- en soutwatervleilande oor groot gedeeltes van Noord-Amerika, Europa, Asië, en Afrika. Hulle maak nes in kolonies op platvorms van stokke in boomplate of op die grond in beskermde plekke soos eilande of rietbeddings, en lê 3 tot 8 eiers.
[wysig] Verspreiding
Buite die nesmaaktyd is hulle nomadies. Die Noord-Amerikaanse groep, N. n. hoactli, oorwinter in Mexiko, die suid-westelike Vereenigde State, Sentraal Amerika en die Wes-Indiese Eilande. Die ander groep, N. n. nycticorax, oorwinter in tropiese Afrika, en die suidelike Asië. In die Amerikas kan N. n. nycticorax tot sover as Patagonië gevind word.
[wysig] Geluid
'n Skor, kraaiagtige gekras.
[wysig] Ander name
Nycticorax nycticorax
Black-crowned Night Heron
[wysig] Suid-Afrikaanse voëls
- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Klasifikasie-indeks van Suid-Afrikaanse voëls
- Wetenskaplike naam-indeks van Suid-Afrikaanse voëls
[wysig] Bronne
Newman se Voëls van Suider-Afrika, ISBN 1868729826