New Immissions/Updates:
boundless - educate - edutalab - empatico - es-ebooks - es16 - fr16 - fsfiles - hesperian - solidaria - wikipediaforschools
- wikipediaforschoolses - wikipediaforschoolsfr - wikipediaforschoolspt - worldmap -

See also: Liber Liber - Libro Parlato - Liber Musica  - Manuzio -  Liber Liber ISO Files - Alphabetical Order - Multivolume ZIP Complete Archive - PDF Files - OGG Music Files -

PROJECT GUTENBERG HTML: Volume I - Volume II - Volume III - Volume IV - Volume V - Volume VI - Volume VII - Volume VIII - Volume IX

Ascolta ""Volevo solo fare un audiolibro"" su Spreaker.
CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Heilige Graal - Wikipedia

Heilige Graal

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die Heilige Graal (van Oudfrans graal "skottel") is een van die bekendste mites van die Westerse geskiedenis en letterkunde, wat mense nou al agt eeue lank bekoor. Die vroegste bronne van die Graal-tematiek is waarskynlik nie Christelik nie; die graalslegendes is blykbaar verwerkings van ou Keltiese motiewe uit die Mabinogion, soos byvoorbeeld koning Artus se reis na die ketel van Annwn.

Die Heilige Graal is aanvanklik as 'n steen, 'n boek of 'n standbeeld voorgestel. Met die eerste verwerking in die middeleeuse literatuur van die laat 12de eeu word die Graalslegendes sterk Christelik beïnvloed; die Graal word nou onder meer as die mitiese jaspisbeker beskou waarin Josef van Arimatea die bloed van Jesus Christus opgevang het. Later het hy dit na die Britse eilande gebring.

Wonderdadige krag word aan die Graal toegeskryf. Die beskouer van die Graal sou 'n mistieke verligting ervaar. Soms is die Graal ook as die onuitputlike bron van wonderlike geregte by 'n feesmaal uitgebeeld.

Volgens ander middeleeuse bronne (byvoorbeeld die Duitse digter Wolfram von Eschenbach) is die graal eerder 'n wonderdadige steen wat op die burg Montsalvatch ("Berg van die Verlossing") bewaar word.

[wysig] Die Graal as literêre motief

Die Heilige Graal te midde van koning Artus se Tafelronde (Franse manuskrip uit die 14de eeu)
Die Heilige Graal te midde van koning Artus se Tafelronde (Franse manuskrip uit die 14de eeu)

Die belangrikste graalromans ontstaan in 'n taamlik kort tydperk tussen die einde van die 12de en die begin van die 13de eeu. Aangesien die literêre werke in die middeleeue nog nie deur 'n kopiereg beskerm word nie, bewerk die digters dikwels die werke van ander skrywers. In die geval van die Graal-tematiek is Chrétien de Troyes en Robert de Boron die twee oorspronklike outeurs.

Die grondidee van die Graal word 'n onderwerp in die middeleeuse letterkunde, nog voordat iemand 'n noukeurige beskrywing gee van wat die Graal presies is. Teen die einde van die 12de eeu beweer Robert de Boron in sy Graal-siklus, wat tussen 1191 en 1202 ontstaan, dat die Graal 'n beker is, waaruit Jesus Christus tydens die Laaste Avondmaal gedrink het. De Boron wy die eerste deel van sy trilogie aan die voorgeskiedenis van die Graal en skep die verbinding met Josef van Arimatea (Frans: Joseph d'Arimathie). Volgens die katholieke geloof is die Graal daarmee verbind met die Altaarsakrament en die Teenswoordigheid van Christus tydens die wyding van brood en wyn. 'n Ander legende, soos bo beskryf, beweer dat Josef van Arimatea die bloed van die Verlosser in die Graal opgevang het. Later is die Graal na Britannië gebring.

Die soektogte van helde, wat die Graal wil opspoor, is een van die belangrikste onderwerpe van die middeleeuse letterkunde. Chrétien de Troyes se Parsival (Frans: Perceval) of "Die Storie van die Heilige Graal" (Le Conte du Graal) is die eerste literêre verwerking van die stof. In die 12de eeu versinnebeeld die soektog na die Graal ook die ridder wat na volmaaktheid streef.

Alle sienswyses in verband met die Graal word deur 'n vermenging van Christelike en esoteriese motiewe gekenmerk, uitgaande van Keltiese mites oor 'n mirakuleuse beker; tog begin die Graal eers met die middeleeuse letterkunde verander na 'n medium van Goddelike openbaring.

[wysig] Die Heilige Graal in die populêre literatuur

In latere jare word die Heilige Graal voorgehou as die bloedlyn van Jesus Christus soos weergegee in die boek:"Holy Blood, Holy Grail" deur die skrywers Michael Baigent, Richard Leigh, Henry Lincoln. Volgens hierdie oorlewering het Christus die kruisiging oorleef, was hy getroud met Maria Magdalena en het hy kinders gehad waarvan die nageslag steeds vandag oorleef. Die Heilige Graal is dus beskou as 'n antieke dokument wat die Israelietiese bloedlyn van Koning David tot Jesus Christus tot sy nageslag uitspel. Hierdie teorie het baie aandag in die media getrek na die vrystelling van die publikasie "The Da-Vinci Code" op 18 Maart 2003 deur die skrywer Dan Brown. Dan Brown het beweer dat, alhoewel die storie nie feitlik is nie, dit gebaseer is op egte rituele en gebeure.

[wysig] Eksterne skakels

Static Wikipedia (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu