Javaans
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Javaans is 'n deel van die Austronesiese taalfamilie. Dit word gepraat in Suidoos-Asië, Java (eiland) en Indonesië. Dit word ook gepraat deur Javaanse migrante in Oos-Timor, Maleisië, Singapoer, Taiwan, Hong Kong, Australië, Nieu-Kaledonië, Nederland en Suriname. Javaans is 'n baie ou taal - die oudste geskrewe Javaans dateer van 25 Maart 804. Die taal word tans deur sowat 80 miljoen mense gepraat.