Kaap Agulhas
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Kaap Agulhas is die geografiese suidelike punt van Afrika. Dit is geleë in 'n plattelandse gebied 170km Oos en bietjie Suid van Kaapstad by (34°50'S 20°00'O)
Dit is 'n onopmerklike klipstrand. Was dit nie vir die landmetermerk wat die plek aangedui het nie, sou 'n mens seker nie kon raai dat hierdie spesifieke punt die uiterste suidepunt is nie, omdat die kus 'n baie geleidelike kurwe hier het.
Die see rondom Kaap Agulhas is berug vir winterstorms en reusagtige fratsgolwe, wat tot 30m hoog kan raak en selfs groot skepe kan sink.
Kaap Agulhas is tegnies waar die Indiese en Atlantiese oseane ontmoet. Die warm Agulhasstroom vloei al langs die ooskus van Afrika af en draai terug na die Indiese Oseaan hier. Soos dit draai, knyp dit groot oseaankolke (bekend as Agulhasringe) af wat dryf na die Suidelike Atlantiese Oseaan en enorme hoeveelhede hitte en sout dra na die naburige oseaan. Hierdie effek is een van die sleutelelemente van die wêreldwye Vervoerbandsirkulasie van hitte en sout.
Die water naby die kus is baie vlak, en bekend as van die beste visvanggronde in Suid-Afrika. Dit word die Agulhasbank genoem, en is minder as 100m diep. Slegs ná 250km seewaarts sak dit skielik diep af.
Die naam, Portugees vir "naalde", verwys na die rotse en riwwe wat baie skepe gestrand het. Die Kaap Agulhasvuurtoring is daar gebou in 1849.
[wysig] Sien ook
- Kaap die Goeie Hoop, naby Kaapstad, wat soms verkeerdelik as die suidelikste punt van Afrika geag word.
![]() |
Provinsie Wes-Kaap |
---|---|
Hoofstad: | |
Streke: |
Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Tuinroete | Klein Karoo | Overberg | Weskus |
Grootste stede en dorpe: |
Kaapstad | George | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Worcester |
Munisipaliteite: |
Beaufort-Wes | Bergrivier | Breederivier | Breederivier/Wynlande | Breedevallei | Kaap Agulhas | Sederberg | Sentraal-Karoo | Kaapstad | Drakenstein | George | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Plettenbergbaai | Prins Albert | Saldanhabaai | Suid-Kaap | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg | |