Overberg
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Overberg is 'n streek in Suid-Afrika, oos van Kaapstad anderkant die Hottentots Hollandberge. Dit is geleë langs die Wes-Kaap provinsie se suidkus tussen die Kaapse skiereiland en die gebied wat as die Tuinroete bekendstaan in die Ooste. Die grense van die Overberg is die Hottentots Hollandberge in die Weste; die Riviersonderendberge, deel van die Cape Fold Belt, in die Noorde; die Atlantiese- en Indiese Oseane in die Suide en die Breederivier in die Ooste.
Die streek is nog altyd as die broodmandjie van die Kaap gesien en word meestal vir graanlandbou — hoofsaaklik koring — gebruik. Die koringlande is 'n belangrike broeiplek vir Suid-Afrika se nasionale voël, die Bloukraanvoël. 'n Ander belangrike voedselsoort wat in die Overberg verbou word is sagtevrugte met die Elginvallei wat die tweede grootste verskaffer van vrugte in Suid-Afrika is.
Die Kogelberg Biosfeer Reservaat naby Hermanus het 'n groot verskeidenheid blomplante wat nêrens anders in die fynbos bioom aangetref word nie.
Die hoof dorpe is Hermanus, Caledon en Swellendam en die streek sluit Kaap Agulhas, die mess suidelike punt van Afrika, in. Die landskap word oorheers deur golwende heuwels wat deur die see en berge ingesluit word.
Die naam beteken "oor die berg" en is 'n verwysing na die streek se ligging ten opsigte van Kaapstad.
Inhoud |
[wysig] Kyk ook
- Overberg Distrikmunisipaliteit, Wes-Kaap
- Overberg vuurpyllanseerterrein
[wysig] Eskterne skakels
[wysig] Kaarte
- Google Earth view of the Overberg Region
- Maps of Overberg Region, Towns and Trails
- Map of Overberg region
[wysig] Portale
![]() |
Provinsie Wes-Kaap |
---|---|
Hoofstad: | |
Streke: |
Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Tuinroete | Klein Karoo | Overberg | Weskus |
Grootste stede en dorpe: |
Kaapstad | George | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Worcester |
Munisipaliteite: |
Beaufort-Wes | Bergrivier | Breederivier | Breederivier/Wynlande | Breedevallei | Kaap Agulhas | Sederberg | Sentraal-Karoo | Kaapstad | Drakenstein | George | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Plettenbergbaai | Prins Albert | Saldanhabaai | Suid-Kaap | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg | |