Le Faou
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Le Faou (Bretons: Ar Faou) is 'n dorp en klein seehawe in die département Finistère (région Bretagne, Wes-Frankryk) met sowat 1 600 inwoners. Le Faou is deur die organisasie Les Plus Beaux Villages de France as een van die mooiste dorpe in Frankryk gelys.
[wysig] Geografie
Le Faou lê naby die monding van die Aulnerivier in die baai Rade de Brest, sowat 25 kilometer suid-wes van Brest en naby die skiereiland Crozon.
[wysig] Besienswaardighede
Die belangrikste besienswaardighede van Le Faou is sy graniethuise uit die 16de eeu met hulle kenmerkende leisteendakke, die kerk St. Sauveur uit die 16de eeu en die bedevaartskerk Notre-Dame-de-Rumengol uit die 17de eeu.