Oranje-Vrystaat
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Oranje-Vrystaat was een van die ou boererepublieke. Dit was een van die provinsies van die Republiek van Suid-Afrika, en is steeds, onder die verkorte naam Vrystaat.
|
||
Hoofstad | Bloemfontein | |
Geskep | 1854 | |
Ontbind | 1900 | |
Taal | Nederlands |
Die Oranje-Vrystaat (OVS) was ‘n onafhanklike staat in Suidelike-Afrika gedurende die tweede helfte van die negentiede eeu, en het later ‘n provinsie geword van die hedendaagse Suid-Afrika. Dit was die historiese voorloper van die huidige Vrystaatprovinsie. Dit is geleë tussen die Oranje- en Vaalrivier, en is gestig as ‘n Vrye staat deur die Afrikaner Boere, nadat hulle die Britse beheerde Kaapkolonie gedurende die Groot Trek verlaat het. Die Vrystaat is geannekseer deur Brittanje in 1848, en op 17 Februarie 1854 het Brittanje die onafhanklikheid van die Oranje Vrystaat erken. Op 23 Februarie 1854 het die Oranje-Vrystaat amptelik onafhanklikheid verkry by die ondertekening van die Konvensie van Bloemfontein. Die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal), ‘n susterstaat van die Boere, het ongeveer op dieselfde tyd onafhanklikheid verkry.
Die Oranje Vrystaat het as ‘n politieke en ekonomiese suksesvolle staat ontwikkel, maar desnieteenstaande het dit voortdurende konflik met Brittanje ervaar, totdat dit uiteindelik amptelik gedurende die Tweede Vryheidsoorlog deur Brittanje geannekseer was as die Oranjerivierkolonie in 1900. Dit het by die Unie van Suid-Afrika aangesluit in 1910. Die Republiek se naam het gedeeltelik ontstaan vanuit die naam van die Oranjerivier, net soos die Republiek van Transvaal sy naam vanuit die Vaalrivier verkry het. Beide name is deur die Boere ter ere van die Hollandse Monarg, die Huis van Oranje, gegee.
[wysig] Vlag
Die nasionale vlag van die Oranje Vrystaat is in 1856 aangeneem. Die OVS se nasionale vlag het bestaan uit oranje en wit horisontale strepe wat mekaar afwissel (3 oranje en 4 wit met die wit strepe aan die buitekant), met ‘n weergawe van die Hollandse vlag (oorspronklik gebruik by Graaff-Reinet en Swellendam in 1795) in die inkwartier. Die voormalige nasionale Vlag van Suid-Afrika (vanaf 1927 tot 1994) het die vlag van die OVS wat vertikaal hang, ingesluit in die sentrale wit streep van die vlag.
[wysig] Posseëls
Die Republiek het verskeie posseëls uitgereik gedurende sy bestaan, beginnende in 1868 en aangehou tot in 1897. Die ontwerp wat genruik was, was ‘n lemoenboom met die inskrywing “ Oranje Vrij Staat” in die kantlyn. Die seëls is gedruk deur De La Rue en Kie, en het in denominasies vanaf een penny tot vyf shilling, in verskeie kleure vooorgekom. Sporadiese tekorte het gelei tot die oordruk van seëls in 1877, 1881, 1882, 1888, 1890, 1892, 1896 en 1897. Die seëls van die Republiek is geredelik bekombaar vandag, maar sommige van die oordrukte seels is skaars en verhandel in die US$200 area. Verskeie soorte foute is gedurende die oordruk begaan, en sommige van hierdie foutiewe seëls kan vandag hoë pryse haal.