Rouxville
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Rouxville is 'n dorpie aan die suide van die Vrystaat-provinsie in Suid-Afrika en wes van Lesotho. Rouxville was gestig in 1863 as 'n kerklike middelpunt op die plaas Zuurbult, die eiendom van Petrus Wepenaar. Die dorp se ekonomie draai hoofsaaklik rondom Merinoskaap- en beesboerderye.