Sachertorte
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Sachertorte is 'n internasionaal bekende sjokoladekoek, wat sy oorsprong in die Oostenrykse hoofstad Wene het en vir die eerste keer in 1832 deur die sestienjarige Franz Sacher, 'n tweedejaarse leerjonge aan die hof van Prins Metternich, gebak is. Sy seun Eduard Sacher het die resep later met couverture en appelkooskonfyt verfyn. In 1876 stig Eduard Sacher die Restourant en Hotel Sacher.
Net die hoofbestanddele van die geheime resep is bekend. Volgens die Hotel Sacher word jaarliks meer as 270 000 Sachertorten vervaardig, waarvoor 1,2 miljoen eiers, 80 ton suiker, 70 ton sjokolade, 37 ton appelkooskonfyt, 25 ton botter en 30 ton koekmeel benodig word. Original Sacher-Torte is 'n handelsmerk van die Hotel Sacher, en die koek is net beskikbaar in die Hotel Sacher in Wene, die Hotel Sacher in Salzburg, die Café Sacher in Innsbruck, die Café Sacher in Graz, die Sacher-winkel in Bozen (Bolzano, Suid-Tirool) en op die internasionale lughawe van Wene. Daarnaas kan dit ook by die Hotel se aanlynwinkel bestel word.
Die Hotel Sacher het dekades gelede 'n regsaak teen die Weense fynbakkery Demel begin, wat ook 'n Original Sacher-Torte aangebied het. Sedert 1965 word hierdie koek onder die naam Demel's Sachertorte bemark. Demel se koek verskil ten opsigte van die appelkonfyt-laag, wat hier in die middel van die koek lê en nie regstreeks onder die sjokolade-glasering nie.
Aangesien Sachertorte 'n relatief droë koek is, word dit in Oostenryk meestal met slagroom geniet.