Sint-Genesius-Rode
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Sint-Genesius-Rode (Frans: Rhode-Saint-Genèse) is 'n stad in die Nederlandstalige Belgiese provinsie Vlaams-Brabant met 'n oppervlak van 22,77 vierkante kilometer en sowat 18 000 inwoners. Sint-Genesius-Rode is een van die voorstede van die Belgiese hoofstad Brussel, wat Franse taalfasiliteite aanbied, alhoewel dit in die Nederlandstalige gewes Vlaandere lê.
[wysig] Bevolking
Tans is sowat sestig persent van die bevolking Franstalig, terwyl veertig persent Nederlands praat. Daar is ook minderhede van EU-burgers (veral medewerkers van internasionale ondernemings en organisasies) en Amerikaners.
[wysig] Geskiedenis
Vanweë sy ligging tussen Brussel en Waals-Brabant en ook danksy die spoorwegverbinding tussen Brussel en Eigenbrakel (Frans: Braine-l'Alleud) vestig talle Brusselaars en Wale hulle in die 20ste eeu in Sint-Genesius-Rode. In 1963 kry die stad taalfasiliteite vir sy Franstalige bewoners. Die stad word in 1995 deel van die nuwe provinsie Vlaams-Brabant.