Europese Unie
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Europese Unie (EU) is 'n internasionale organisasie van 27 Europese state met politiese, ekonomiese en juridiese samewerkingsooreenkomste. Die EU is in 1992 gestig deur die Verdrag van die Europese Unie (ook bekend as die Verdrag van Maastricht) en is die de facto opvolger van die ses-ledige Europese Ekonomiese Gemeenskap wat in 1957 gestig is.
Die EU is die grootste ekonomiese eenheid en een van die grootste politieke eenhede in die wêreld met 493 miljoen inwoners en 'n nominale BBP (Bruto binnelandse produk) van €11.5 ($15.0) triljoen in 2006.[1] Die Unie is ook 'n enkelmark[2] met 'n gemeenskaplike handelsooreenkoms, 'n gemeenskaplike landboukundige en vissery ooreenkoms en 'n streeksooreenkoms om armoedige streke by te staan.[3] Die EU het ook die Euro as gemeenskaplike geldeenheid voorgestel, wat deur 13 lede aanvaar is.
Belangrike EU institute en liggame bevat die Europese Kommissie, die Raad van die Europese Unie, die Europese Raad, die Europese Sentrale Bank, die Europese Hof van Justisie en die Europese Parlament. Burgers van EU lidmaatstate is ook burgers van die Europese Unie. Dit beteken dat hulle in ander lidmaatstate kan werk, woon, reis en belê, alhoewel daar sommige beperkings is rakende nuwe lede. Paspoortkontrole en doeane by die grense van die meeste ledestate is deur die Schengen Oorenkoms tot niet gemaak.[4]
Die hoofstad van die Europese Unie is Brussel in België.
[wysig] Deelstate van die Europese Unie
Jaar | Geskiedenis van die lidmaatskap van die EU | No. |
---|---|---|
1957 | België, Frankryk, Wes-Duitslanda |
6 |
1973 | Denemarke,b Ierland, Verenigde Koninkryk | 9 |
1981 | Griekeland | 10 |
1986 | Portugal, Spanje | 12 |
1995 | Oostenryk, Finland, Swede | 15 |
2004 | Ciprus, Tsjeggië, Estland Hongarye, Letland, Litaue, Malta Pole, Slowakye, Slowenië |
25 |
2007 | Bulgarye, Roemenië | 27 |
a Op 3 Oktober, 1990, het die deelstate of Länder van die voormalige Oos-Duitsland tot die voormalige Wes-Duitsland toegetree en outomaties deel van die EU geword.
b Groenland het in 1979 onafhanklik van Denemarke geword en die Europese Gemeenskap in 1985 verlaat, na aanleiding van 'n klein referendum.
[wysig] Verwysings
- ↑ BPP, Eurostat (Besoek op 17 Maart, 2007)
- ↑ EUROPA: Activities of the European Union: Internal Market. [1]
- ↑ EU and US Perspectives on China’s Compliance with Transparency, SSRN, deur Paolo Farah. Besoek op 25 Januarie, 2007.
- ↑ Sien asb. Abolition of internal borders and creation of a single EU external frontier, Europa. (Laaste besoek 24 Januarie, 2007)