4 Oktober
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Inhoud |
[wysig] Gebeure
- 1535 - Die eerste volledige Engelse vertaling van die Bybel is te Zurich, Switserland, gedruk. Vertalings is deur William Tyndale en Miles Coverdale.
- 1929 - Die oorspronklike Tafelberg kabelkar word in Kaapstad, Suid-Afrika geopen. 'n Verbeterde kar word op 4 Oktober 1997 ingewy.
- 1958 - Die Grondwet van die Vyfde Republiek, wat met medewerking van Charles de Gaulle en Michel Debré geskryf is, word aanvaar.
- 1984 - Die laaste volledige Tupolev Tu-144, die eerste supersoniese passasiersvliegtuig ter wêreld, wat deur die Sowjetse vliegtuig-konstrukteur Aleksej Andrejewitsj Tupolev ontwikkel is, word in in diens geneem.
[wysig] Geboortes
- 1822 - Rutherford B. Hayes, 19de President van die Verenigde State (d. 1893)
- 1895 - Buster Keaton, Amerikaanse akteur
- 1916 - Anton Rupert, te Graaff-Reinet in die Oos-Kaap. As Afrikaanssprekende, onderskei hy as entrepreneur, sakeleier en omgewingsbewaarder.
- 1916 - Vitaly Ginzburg, Russiese fisikus en ontvanger van 'n Nobel Prys
- 1924 - Charlton Heston, Amerikaanse akteur
- 1931 - Richard Rorty, Amerikaanse filosoof
- 1938 - Kurt Wüthrich, Switserse chemikus en ontvanger van 'n Nobel Prys
- 1941 - Jackie Collins, Britse skryfster
- 1946 - Susan Sarandon, Amerikaanse aktriese
- 1976 - Alicia Silverstone, Amerikaanse aktriese
[wysig] Sterftes
1970 - Janis Joplin, Amerikanse sangeres
[wysig] Vakansies, vierings, en waarmeningsdae
10-02 | 10-03 | 10-04 | 10-05 | 10-06 |