Antidepressant
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
'n Antidepressant is 'n geneesmiddel wat die simptome van 'n kliniese depressie behandel of verlig. Sommige antidepressante, veral die trisikliese antidepressante, word gebruik vir ander nie-amptelike indikasies, soos die pyn veroorsaak deur neuropatie. Heelwat van die antidepressante is ook aangedui in die behandeling van angsversteurings.
Alle antidepressante is min of meer ewe effektief, maar dié wat later ontwikkel is, het meestal minder newe-effekte, en 'n kleiner kans om dodelik te wees in oordosering.
Inhoud |
[wysig] Geskiedenis
Die antidepressante werking van hierdie geneesmiddels is toevallig ontdek. Die middel wat alles begin het in die 1950s was iproniasied, 'n middel vir die behandeling van tering. Iproniasied was 'n mono-amienoksidaseblokkeerders (MAOIs).
[wysig] Klasse en soorte
Sien die lys van antidepressante.
[wysig] Hoe werk dit?
Antidepressante se geneeskundige effek vind waarskynlik plaas op die neuro-oordragstofvlak. Die meeste antidepressante veroorsaak 'n verhoging van serotonien en noradrenalien. Nuwe getuienis toon dat dié verhogings die verhoogde produksie intra-sellulêr van 'n neurotrofiese groeifaktor veroorsaak, en dit op sy beurt die hergenerering van senuweeselle in die hippokampus tot gevolg het.[1][2]. Verdere onlangse navorsing dui daarop dat antidepressante 'n uitwerking het op sogenaamde "klokgene" (transkripsiefaktore) wat op hul beurt betrokke is by die meganismes van substansmisbruikmiddels en moontlik ook vetsug. [3], en [4][5].
[wysig] Toleransie en afhanklikheid
Die middels veroorsaak nie toleransie nie, maar skielike ontrekking kan fisiese newe-effekte veroorsaak.
[wysig] Newe-effekte
Die gebruik van antidepressante kan newe-effekte veroorsaak. 'n Onvermoë om dit te kan verduur is die mees algemene rede tot staking van die geneesmiddels.
[wysig] Algemene newe-effekte
- Veral die serotonienheropnameblokkeerders (SSRIs), en veral dié met 'n korter halfleeftyd, kan fisiese onttrekkingsimptome veroorsaak.
- MAOIs kan 'n dodelike verhoging in bloeddruk veroorsaak as dit ingeneem word met kosse ryk aan tiramien, soos kaas en wyn.
- Antidepressante kan die maniese komponent van 'n bipolêre gemoedsversteuring vererger.
- Ander newe-effekte, soos droeë mond, naarheid, hoofpyn ensovoorts, hang af van die tipe antidepressant wat voorgeskryf word. (Sien die artikels wat oor hierdie antidepressante spesifiek handel).
[wysig] Seksuele newe-effekte
Seksuele disfunksie is 'n baie algemene newe-effek van die antidepressante, veral die SSRIs.
[wysig] Eksterne skakels
- Die farmakologiese behandeling van gemoedsversteurings
- Die behandeling van depressie -- Antidepressante
- Amerikaanse Psigiatriese Vereniging -- 2000 Praktyksriglyne vir die behandeling van pasiënte met major depressiewe gemoedsversteuring
[wysig] Bron
Vertaal vanaf die Engelse Wikipedia. Dit is aansienlik verkort. Die artikel is Antidepressant.