Breyten
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Breyten is 'n dorpie in Mpumalanga, Suid-Afrika, geleƫ tussen Carolina and Ermelo aan die voet van die Klipstapel, die hoogste punt op die waterskeiding tussen die weswaarts vloeiende Vaalrivierstelsel en die ooswaarts vloeiende Olifants en Komatirivierstelsels. Die oorspronklike plaas, Bothasrus, waarop die dorp ontwikkel is, is aan Lukas Potgieter gegee as vergoeding vir die verlies van 'n been tydens die Eerste Vryheidsoorlog. Hy het die plaas later aan die veldkornet Nicolaas Breytenbach verkoop wat die dorpie wat na hom vernoem is gestig het.