Carolina, Mpumalanga
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Carolina is 'n dorp in Mpumalanga in Suid-Afrika geleë op die hoof roete tussen Johannesburg en Swaziland. Carolina lê teen 'n hoogte van 1 710 meter bo seevlak en staan bekend vir sy buitengewoon koue winters. Dit is 'n gemengde boerdery, kleinskaal steenkool en edelegesteente myngemeenskap.
Die dorp is deur Cornelius Coetzee geskep as 'n permanente uitspanplek vir waens toe goud in 1883 in Barberton ontdek is en is na sy vrou, Carolina, vernoem. Die dorp is herbou nadat dit in die Tweede Vryheidsoorlog vernietig is. Die Komatikloof en Komatirivier wat daardeur vloei is in die omgewing geleë.