Dassierot
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Dassierot | ||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||
|
||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||
P. typicus | ||||||||||||||
Die dassierot is 'n Afrikaanse knaagdier wat die enigste lewende spesie is van die genus Petromus (Latyn vir rotsmuis), en ook van die familie Petromuridae (Latyn vir rotsmuise).
Inhoud |
[wysig] Identifikasie
Mannetjies:
- gemiddelde kop en liggaamslengte 17cm
- gemiddelde stertlengte 14cm
- gemiddelde massa 215g.
Wyfies:
- gemiddelde kop en liggaamslengte 15cm
- gemiddelde stertlengte 14cm
- gemiddelde massa 215g.
Die dier lyk 'n bietjie na 'n eekhoring, maar dit het nie 'n pluimstert nie. Die stert is lank (in vergelyking met die lengte van die dier) en harig, met lang wit hare op die punt. Die dassierot het 'n verplatte skedel (met klein ore) en 'n veerkragtige ribbekas, wat dit in staat stel om in te wurm in rotssplete. Die pelskleur verskil wyd tussen die diere, en dit help hulle om met die rotskleur te versmelt. Die voorpoot het vier en die agterpoot vyf tone, almal met lang naels.
[wysig] Verspreiding
Die platorand van Namibië tot sover suid as Noordwes-Kaapland. Hulle kom ook in die suidwestelike gedeeltes van Angola voor.
[wysig] Habitat
Dit kom slegs by klipperige areas voor, soos koppies, rotskranse en klipperige heuwels.
[wysig] Gedrag
Dassierotte kom gewoonlik te voorskyn vanuit hul smal rotssplete in die oggend en laatmiddag. Hulle vreet dan of bak in die son. Hulle sal soms nog snags vreet, veral as die maanlig helder is. Wanneer huule kos in die hande gekry het, soos grassies of baler, pluk hulle dit gewoonlik af en gaan eet dit in hul skuiling. Hulle hardloop en spring oor die rotse, deur hul lyfies uit te sprei en plat te maak, amper soos die vlieënde eekhorings. Hulle is 'n spelerige spesie, en speel soms tussen die plantstingels rond.As hulle versteur word, duik hulle vinnig in hul rotssplete in, en gee 'n fluitroep om ander te waarsku. Hulle woon as pare saam of in familiegroepe.
[wysig] Geluide
Daar is nie baie bekend oor hoe hulle kommunikeer nie, maar hulle gee die enkele fluitroep as 'n roofdier gewaar word.
[wysig] Kos
Hulle eet gras en ook soms vrugte, sade en blare van ander plante.
[wysig] Voortplanting
Dassierotte paar in November tot Desember. Hulle kry een keer per jaar een tot drie kleintjies, in die rotssplete, uitgevoer met blare en grassies, tydens die somermaande. Die dratyd is gemiddeld drie maande. Spening vind plaas op drie weke ouderdom, maar dit neem tot nege maande vir die jong dassierot om onafhankilk te word. Dis nie bekend hoe die dassierot hul kleintjies versorg nie.
Die lewensduurte van die dassierot is ook onbekend.
Hulle word deur verskeie roofvoëls gejag.
[wysig] Spoor en veldtekens
Daar is geel of wit urienvlekke op die rotse waar hulle bly, en hulle mis is klein, en silindries met ronde punte.
[wysig] Sien ook
- Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere
- Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name
- Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
[wysig] Bronne
- 'Smither's Mammals of Southern Africa. A field guide'. Redakteur Peter Apps. Derde uitgawe, 2000.
- 'Veldgids tot die soogdiere van Suider-Afrika'. Chris en Tilde Stuart. Eerste uitgawe, 1988.
- Petromus typicus