Ekonomie van Suid-Afrika
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Ekonomie van Suid-Afrika | ||
---|---|---|
Geldeenheid | 1 Rand = 100 sente | |
Fiskale jaar | 1 April - 31 Maart | |
Handelsorganisasies | Wêreldhandelsorganisasie (WHO), Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SADU) | |
Statistieke [1] | ||
Bruto geografiese produk - geranglys | 24de (in 2005) [2] | |
BGP | $534,6 miljard ( in 2005) [3] | |
Groei van BGP | 4,6% (2005) | |
BGP per capita | $12 100 (2005) | |
BGP volgens sektore | landbou (3,4%), nywerhede (31,6%), dienste (65,1%) (2005) | |
Buitelandse valutareserwes | $20,16 miljard (Februarie 2006) | |
Inflasiekoers | VPI - 1,4% (2004) VPIX - 4,3% (2004) |
|
Bevolking onder die broodlyn | 50% (2000) | |
Mannekrag | 15,23 miljoen (2005) | |
Mannekrag volgens sektore | dienste (45%), nywerhede (25%), landbou (30%) (1999) | |
Werkloosheid | 25,2% (2005) | |
Hoofnywerhede | Mynbou (Platina, Goud, Chroom, Diamante), Motorvervaardiging, Metaalverwerking, Masjienbou, Tekstiele, Yster, Staal, Chemiese nywerhede, Kunsmis en Voedselverwerking | |
Handelsvennote [4] | ||
Uitvoere | $40,91 miljard (2005) | |
Handelsvennote | Verenigde Koninkryk 12,6%, Verenigde State 12,4%, Japan 9,2%, Duitsland 8,1%, Volksrepubliek van Sjina 4,7%, Italië 4,4% (2003) | |
Invoere | $52,97 miljard (2005) | |
Handelsvennote | Duitsland 16,6%, Verenigde Koninkryk 8,5%, Verenigde State 8,2%, Japan 5,9%, Volksrepubliek van Sjina 5,9%, Saoedi-Arabië 5,2%, Frankryk 5,0% (2003) | |
Publieke finansies [5] | ||
Publieke skuldlas | $44 miljard - 33% van BGP (Junie 2005) | |
Staatsinkomste | $47,43 miljard (2004) | |
Statsuitgawes | $52,54 miljard (2004) | |
Ontwikkelingshulp (ontvang) | $487,5 miljoen (2000) | |
Suid-Afrika het in die jare ná die algemene verkiesing van 1994 in die rigting van 'n vrye markekonomie beweeg, wat ook sy sosiale verantwoordelikheid teenoor minderbevoorregtes erken. Die transformasie van die ekonomie is nog nie afgesluit nie, en die regering spits hom tans veral op die bestryding van armoede en werkloosheid toe. Die ekonomiese gelykstelling van voorheen-benadeeldes soos vroue, nie-blankes en gestremdes en breë-basis swart ekonomiese bemagtiging geniet tans besondere aandag. Met sy strewe om meer geleenthede aan hierdie benadeeldes te bied en daarmee gepaardgaande maatreëls soos regstellende aksie loop die regering egter ook gevaar om die steun van baie hoogs opgeleide blankes te verloor. Daarnaas gooi die VIGS-pandemie en die hoë vlakke van misdaad en geweldpleging 'n skadu oor die land se ekonomiese toekoms.
Tans trek die land nog voordeel uit sy politiese en makro-ekonomiese stabiliteit. Die hoogs ontwikkelde infrastruktuur, finansiële bedryf en die groeiende nywerheids- en dienstesektor maak van die land 'n ekonomiese lokomotief vir Afrika. Suid-Afrikaanse ondernemings is tans die belangrikste beleggers op die vasteland.
Lae rentekoerse en die vertroue van privaat huishoudings en ondernemings in die ekonomie het veral die binnelandse vraag in die afgelope jare aangedryf. Die gemiddelde groeikoers het in die afgelope jare omtrent vier persent beloop, terwyl die inflasiekoers binne die bandbreedte van drie tot ses persent gebly het, soos deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank beplan. Die sterk rand het egter uitvoergerigte sektore soos die myn- en landbou onder toenemende druk geplaas. Met die verswakking van die rand se waarde teenoor die VSA-dollar en die euro sal uitvoere weer kan styg. In die volgende jare word sal die gemiddelde groeikoers van die ekonomie na ramings steeds omtrent vier persent beloop.
Die lae spaarsyfer van net 13 persent van die bruto binnelandse produk (BBP) vergelyk baie ongunstig met ander lande. Die Suid-Afrikaanse staat se skuldlas beloop tans sowat 35 persent van die BBP.
Die hoë werkloosheidsyfer van veertig persent bly sorgwekkend. Die aantal werksgeleenthede in die mynbou neem steeds af, terwyl die staatssektor een van die belangrikste werkskeppers bly.
Die primêre sektor se aandeel aan die BBP is tans 9 persent, die sekundêre sektor lewer 26 persent op en die tersiêre sektor 64 persent. Handel, verwerkende nywerhede, landbou en die finansiële bedryf is die belangrikste werkgewers. Danksy die sterk binnelandse vraag het veral die verwerkende nywerhede sedert 2004 'n hoë groeikoers getoon. Die motorbedryf van Suid-Afrika het een van die suksesvolste sektore geword, wat ook op die buitelandse markte kan meeding. Tans produseer die plaaslike vervaardigers meer as 'n half miljoen motors per jaar, waarvan sowat 120 000 uitgevoer word. Uitvoere het in die eerste helfte van die jaar 2006 tot meer as 80 000 motors gestyg.
[wysig] Toerisme
Volgens 'n ondersoek, wat deur Standard Bank gedoen is, is toerisme tans die belangrikste verskaffer van buitelandse valuta vir die land, met 'n inkomste van R 53,9 miljard in 2003 (of sewe persent van die bruto binnelandse produk) - nog voor die goudmynbou, wat R 35,3 miljard verdien het.
Danksy die sterk rand het die groei van die toerismebedryf verstadig. Die toerismebedryf in Suid-Afrika verskaf tans werk aan sowat 1,1 miljoen mense, en daar word geraam dat met elke ag toeriste, wat die land kom besoek, een nuwe werksgeleentheid geskep sal word. In 2003 het 6,5 miljoen internasionale toeriste (waarvan 4,6 miljoen uit Afrikalande en 1,9 miljoen uit oorsese lande) 'n besoek aan die land afgelê. Suid-Afrika is die gewildste toeristebestemming in Afrika, nog voor Tunisië (vyf miljoen toeriste) en Egipte (4,9 miljoen).
[wysig] Wynbou
Suid-Afrika is met 2,7 persent van die jaarlikse produksie, wat gelykstaan an 730 miljoen liter, tans die negende grootste wynprodusent ter wêreld. Sowat 4 450 wynprodusente is in die land geregistreer.
Danksy die toenemende internasionale gewildheid van Suid-Afrikaanse wyne het die uitvoersyfers sedert die jare negentig skerp gestyg en beloop in 2002 reeds 220 miljoen liter (teenoor 'n skrale 25 miljoen in 1991). Die gewildste soorte vir die internasionale mark is Chenin Blanc en Cabernet Sauvignon.
![]() |
|
---|---|
DIE EKONOMIE VAN SUID-AFRIKA |
|
|