F.A. Venter
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Francois Alwyn Venter is op 27 November 1916 op Hopetown gebore. Sy ouers het in die distrik Britstown geboer. Hy leer aanvanklik in plaasskole, daarna aan die Sêkondere Skool Strydenburg, en matrikuleer in 1934 aan die Hoërskool Hopetown. Hy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en begin in 1938 'n joernalistieke loopbaan wat vyf-en-twintig jaar sou duur, in Kaapstad, Pretoria, Windhoek en Johannesburg.
In 1960 gaan boer hy in die distrik Kenhardt naby Vanwyksvlei, waarheen sy ouers in die dertigerjare verhuis het. In 1967 word hy weens gesondheidsredes genoodsaak om die Noordweste te verlaat en gaan woon hy in die Strand met die gedagte om voltyds te skryf. In 1970 word hy weer boer, dié keer wingerdboer by Vredendal in die Olifantsriviervallei, maar in 1976 moet hy, weer eens om gesondheidsredes, die boerdery finaal laat vaar en gaan vestig die Venters hulle in die Strand.
Die Hertzogprys vir prosa is in 1976 aan Venter toegeken vir sy werke Swart pelgrim en Geknelde land. Vir Kambrokindhet hy in 1982 die ruitertrofee van die Suid-Afrikaanse Federasie van Rapportryerskorpse ontvang. In 1981 het die Universiteit van Port Elizabeth die eregraad D. Litt aan hom toegeken as erkenning vir sy skryfwerk. Hy was ook lid van die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde.
F.A. Venter is oorlede in 1997.