Fries (taal)
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Fries | |
---|---|
Gepraat in: | Nederland (Friesland) |
Moedertaalpraters: | 350 000 |
Totaal: | 440 000 |
Rank: | |
Taalfamilie |
Indo-Europees
|
Dialekte: | |
Kreole: | |
Amptelike status: | |
Amptelike taal: | Nederland (Friesland) |
Taalorganisasie: | |
Taalcodes | |
ISO 639-1: | fy |
ISO 639-2(B): |
Fries (Fries: Frysk) is 'n Wes-Germaanse taal wat gepraat word in die Nederlandse noordlike provinsie Friesland (Fryslân). Hierdie taal is nouste verwant aan Engels. Mense praat dan soms ook wel van die Anglo-Friese taalgroep.
Fries is een van die twee amptelike tale in Nederland. In Friesland praat ongeveer 440 000 mense die taal, waarvan 350 000 mense as 'n moedertaal. Fries word ook gepraat in die Duitse stad Saterland en in Sleeswyk-Holstein aan die grens met Denemarke. Hulle praat 'n ander variant. Die variant wat in Nederland gepraat word, word wetenskaplik Westerlauwers Fries genoem. Die Fries wat op die skole geleer word en wat vir amptelike dokumente gebruik word, is Standaardfries.
Duitsland en Nederland erken Fries as 'n inheemse minderheidstaal. Die taal word beskerm deur die Europese Unie.
[wysig] Klassifikasie
- Indo-Europees
- Germaans
- Wes-Germaans
- Ingweoons (Anglo-Fries)
- Fries
- Ingweoons (Anglo-Fries)
- Wes-Germaans
- Germaans
Die stamboom van die Friese taal kan miskien 'n bietjie verander, hierdie taal is al meer als 1300 jaar los van die Engelse, sodat die taal meer na Nederlands lyk as op Engels. Die band van die Friese taal met Engels is egter baie duidelik in woorde as grien, tsiis, tsjerke, sykje, dream, troch vir groen, kaas, kerk, soek, droom, deur (= Eng. 'through').
[wysig] Onderverdeling
Fries kan word onderverdeel in:
- Westerlauwers Fries, wat weer onderverdeel kan word in:
- Kleifries (in die Kleistreek)
- Woudfries (in die Friese Wouden)
- Suidwesthoeks (in die Suidwesthoek)
- Hindeloopers (in Hindeloopen)
- Aasters en Westers (op resp. Oos- en Wes-Terschelling)
- Schiermonnikoogs of Eilanders (op Skiermonnikoog)
-
- Op basis van Kleifries en Woudfries is een Standaardfries ontwikkeld, wat as onderwys- en bestuurstaal in Fryslân gebruik word.
Die Onse Vader in standaardfries:
Us Heit
dy't yn de himelen is
Jins namme wurde hillige
Jins keninkryk komme
Jins wollen barre allyk yn 'e himel
sa ek op ierde
Jou ús hjoed ús deistich brea
En ferjou ús ús skulden
allyk ek wy ferjouwe ús skuldners
En lied ús net yn fersiking
mar ferlos ús fan 'e kweade
Want Jowes is it keninkryk en de krêft
en de hearlikheid oant yn ivichheid.
Die Friese taal self word in Westerlauwers Frysk genoem, in Noordfries: Friisk en in Saterfries: Fräisk.
[wysig] Eksterne skakelss
Vir woordeboekinligting, sien die bladsy Fries op WikiWoordeboek |
Indo-Europese tale: Germaanse tale | ||
---|---|---|
Noord-Germaanse tale: | ||
Deens | Faroëes | Nynorsk en Bokmål (Noors) | Yslands | Sweeds | ||
Wes-Germaanse tale: | ||
Afrikaans | Duits | Engels | Fries | Jiddisj | Luxemburgs | Nederlands | Nedersaksies | Skots | ||
Oos-Germaanse tale: | ||
Boergondies | Goties | Vandaals |