Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Web Analytics
Cookie Policy Terms and Conditions Germaanse tale - Wikipedia

Germaanse tale

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Indo-Europees
Indo-Europese tale
Albanies | Anatolies
Armeens | Balties | Kelties
Germaans | Grieks | Indo-Irannees
Italies | Slawies | Togaars
Proto-Indo-Europees
Taal | Vereniging | Geloof
Kurgan | Yamna | BMAC | Ariaans
Indo-Europese studies

Die Germaanse tale is 'n groep verwante tale wat 'n take van die Indo-European (IE) taalfamilie vorm. Die gemene voorouer van al die tale waaruit die tak bestaan is Proto-Germaans wat in ongeveer die laat- middel-1ste millennium v.C. in ystertydperk Noord-Europa gepraat is. Proto-Germaans, saam met al die nasate daarvan, word gekenmerk deur 'n aantal unieke taalkundige eienskappe waaronder die bekendste die Tweede Germaanse klankverskuiwing wat deur Grimm se wet beskryf word. Vroeë Germaanse varieëteite word vir die eerste keer in die geskiedenis opgeteken toe die Germaanse volke hulle vanaf die 2de eeu in noordelike Europa naby die grens van die Romeinse Ryk gevestig het.

Die grootste Germaanse tale is Engels en Duits, met onderskeidelik ongeveer 380 en 120 miljoen eerstetaalsprekers. Die groep bestaan uit ander belangrike tale soos Nederlands met 22 en Afrikaans met 6 miljoen sprekers; en die Skandinawiese tale insluitend Deens, Noors en Sweeds met 'n gesamentlike totaal van omtrent 20 miljoen sprekers. Die SIL Ethnologue lys 53 verskillende Germaanse tale en dialekte.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

[wysig] Geskrifte en skryfstelsels

Die Negauhelm-inskripsie (gelees van regs na links)
Die Negauhelm-inskripsie (gelees van regs na links)
Die wêreldwye verspreiding van Germaanse tale. Soliede rooi dui aan dat 'n meerderheid van inwoners 'n Germaanse taal praat. Gestreepte rooi dui aan dat 'n beduidende minderheid (meer as 10%) 'n Germaanse taal praat.
Die wêreldwye verspreiding van Germaanse tale. Soliede rooi dui aan dat 'n meerderheid van inwoners 'n Germaanse taal praat. Gestreepte rooi dui aan dat 'n beduidende minderheid (meer as 10%) 'n Germaanse taal praat.
██ Nederlands (Wes-Germaans)██ Nederduits Wes-Germaans) ██ Middelduits (Wes-Germaans) ██ Opperduits (Wes-Germaans) ██ Anglies (Anglo-Fries, Wes-Germaans) ██ Fries (Anglo-Fries, Wes-Germaans) ██ Oos-Noord-Germaans  ██ Wes-Noord-Germaans  ██ Lyn wat die Noord- en Wes-Germaanse tale skei.
██ Nederlands (Wes-Germaans)██ Nederduits Wes-Germaans) ██ Middelduits (Wes-Germaans) ██ Opperduits (Wes-Germaans) ██ Anglies (Anglo-Fries, Wes-Germaans) ██ Fries (Anglo-Fries, Wes-Germaans) ██ Oos-Noord-Germaans ██ Wes-Noord-Germaans ██ Lyn wat die Noord- en Wes-Germaanse tale skei.

Die vroegste getuienis van Germaans is afkomstig van name wat in die 1ste eeu deur Tacitus opgeneem is, en in 'n enkele geval in die 2de eeu v.C., op die Negauhelm. Rofweg van ongeveer die 2de eeu het sprekers van die vroeë Germaanse variëteite die Elder Futhark, 'n vroeë vorm van die runiese alfabet, ontwikkel. Vroeë runiese inskripsies is ook meestal beperk tot persoonlike name en is moeilike om te ontsyfer. Die Gotiese taal is geskryf met die Gotiese alfabet wat deur Biskop Ulfilas vir sy vertaling van die Bybel in die 4de eeu ontwikkel is. Later het Christen priesters en monnike, wat benewens hulle eie Germaanse tale Latyn kon praat en skryf, begin om die Germaanse tale met effens aangepaste Latynse letters te skryf. Die runiese alfabets het egter deur die hele Wiking Tydperk, in algemene gebruik in Skandinawië gebly.

Benewens die standaard Latynse alfabet, het verskillende Germaanse tale 'n verskeidenheid van aksenttekens en ekstra letters gebruik, insluitend umlauts, die ß (Eszett), IJ, Ø, Æ, Å, Ð, Ȝ, en Þ en Ƿ, afkomstige uit die runiese letters. Historiese gedrukte Duits is gereeld in Gotiese skrif lettertipes gedruk (b.v. fraktur of schwabacher).

[wysig] Ontwikkeling

Bladsy uit die Silwer Bybel
Bladsy uit die Silwer Bybel

Daar word gemeen dat alle Germaanse tale afstam van 'n hipotetiese Proto-Germaanse taal, verenig daardeur dat hulle almal die Eerste Germaanse klankverskuiwing beskryf deur Grimm en Verner se wette. Dit het waarskynlik tydens die Voor-Romeinse Ystertydperk van Noordelike Europa van omtrent 500 v.C. plaasgevind, maar ander algemene innovasies wat Germaans van Proto-Indo Europees skei dui op 'n gemene geskiedenis van voor-Proto-Germaanse sprekers deur die hele Nordiese Brons Tydperk.

Van die vroegste attestasie van die Germaanse variëteite is dit in drie groepe verdeel: Wes-, Oos- en Noord-Germaans. Die presiese verwantskap tussen die groepe is moeilik bepaalbaar uit die gebrekkige getuienis van runiese inskripsies, en hulle het onderling verstaanbaar gebly deur die hele Migrasie tydperk wat meebring dat dit moeilik is om die individuele variëteite te klassifiseer.

Die 6de eeuse Lombardies kan byvoorbeeld oorspronklik 'n Noord- of Oos-Germaanse variëteit gewees het wat in Wes-Germaans as opgeneem is toe die Lombarde hulle by die Elbe gevestig het. Die Westelike groep sou in die laat Jastorf kultuur gevorm het. Die Oostelike groep mag afgelei wees van die 1ste eeuse variëteit van Gotland (kyk Oud Gutnish), waarna dit suidelike Swede as die oorspronklike ligging van die Noordelike groep verlaat het. Die vroegste koherente Germaanse teks wat behoue gebly is die 4de eeuse Gotiese vertaling van die Nuwe Testament deur Ulfilas. Vroeë getuienis van Wes-Germaans is in Oud-Hoogduits en Oud-Engels van omtrent die 9de eeu en Oud-Nederlands van omtrent die 6de eeu. Noord-Germaans is slegs geattesteer in verspreide runiese inskripsies as Proto-Noors, totdat dit in Oud-Noors ontwikkel het in omtrent 800. Langer runiese inskripsies bly behoue uit die 8ste en eeue (Eggjumsteen, Röksteen), langer tekste in die Latynse alfabet uit die 12de eeu (Íslendingabók), en skaldiese digkuns beskou as so vroeg as uit die 9de eeu.

Teen omtrent die 10de eeu het die variëteite genoeg gedivergeer om onderlinge verstaanbaarheid moeilik te maak. Die linguistieke kontak van die Wiking setlaars van die Danelaw met die Anglo-Sakse het spore in die Engelse taal gelaat, en daar word vermoed dat dit bygedra het tot die ineenstorting van Oud-Engelse grammatika wat gelei het tot die Middel-Engels van die 12de eeu.

Die Oos-Germaanse tale is teen die einde van die Migrasietydperk gemarginalisser. Die Boergondiërs, Gote en Vandale is taalkundig geassimileer in hulle onderskeie bure teen omtrent die 7de eeu, met slegs Krim-Goties wat tot die 18de eeu bly voortbestaan het.

Gedurende die vroeë Middeleeue is die Wes-Germaanse tale geskei deur die insulêre ontwikkelings van Middel-Engels aan die een kant en deur die Hoogduitse klankverskuiwing op die Europese kontinent aan die ander kant wat gelei het tot die ontstaan van Opperduits en Nedersaksies, met verskillende intermediêre Middelduitse variëteite. Teen die vroeë moderne tyd het aansienlike verskille ontwikkel wat wissel van Hoogste-Alemannies in die Suide tot Noordelike Nedersaksies in die Noorde, en alhoewel beide ekstreme as Duits beskou word, is hulle beswaarlik onderling verstaanbaar. Die mees suidelike variëteite het die tweede klank verskuiwing voltooi terwyl die noordelike varieëteite ongeaffekteer deur die klankverskuiwing gebly het.

Die Noord-Germaanse tale het daar teenoor meer verenig gebly met 'n hoë mate van onderling verstaanbaarheid self in die moderne tyd tussen die groter tale soos Deens, Noors en Sweeds.

[wysig] Kenmerke

Die Germaanse tale is 'n subgroep van die Indo-Europese tale. Die Germaanse tale word van ander Indo-Europese tale onderskei deur sekere verskynsels, wat almal deel uitmaak van 'n ingrypende veranderingsproses, waardeur uiteindelik die vroeë Germaans ontstaan het. Die belangrikste kenmerke is

  • 'n klankverskuiwing wat as die Eerste Germaanse klankverskuiwing of die Wet van Grimm bekend staan. Die klankverskuiwing, wat veral veranderings in die uitspraak van konsonante gehad het - die Indo-Europese eksplosiewe het tot ander konsonante verander.
  • 'n aksentverskuiwing, waardeur die vrye Indo-Europese aksent op die eerste sillabe van 'n woord vasgelê is (gewoonlik is dit die woordstam). Danksy die vaste aksent op die stam is die ander sillabes verswak, en die woorduitgange het begin verval. Hierdeur is ook
  • veranderings in die grammatika bevorder soos die verdwyning van rofweg die helfte van die agt naamvalle van Proto-Indo-Europees. Die Indo-Europese futurum het eweneens verdwyn, terwyl die verlede tyd deur 'n nuwe preteritum aangedui is - die swak werkwoorde (vergelyk Nederlands woonde, Duits suchte, Engels worked). 'n Verdere kenmerk is die bestaan van die sterk en swak vorm van die byvoeglike naamwoord.

Daar word wel vermoed dat die wat afwykende posisie van Germaans binne die Indo-Europese tale verband hou met die feit dat die sprekers van die tak van IE in kontak gekom het met 'n bevolking wat 'n nie-Indo-Europese taal gepraat het, dit is die Germaanse substraathipotese. Daar is in Germaans 'n redelike groot aantal woorde wat nie geredelik van Indo-Europese wortels afgelei kan word nie. (Skattings wissel van 10%-30% van die woordeskat). Sommige taalkundiges sien daarin die oorblyfsels van 'n vroeëre pre-Indo-Europese taal van Noordwes-Europa. 'n Vergelykbare proses van wisselwerking tussen die vroegste vorme van Grieks en 'n pre-Griekse bevolking is egter histories beter gedokumenteer. Ook Grieks het die helfte van sy naamvalle verloor.

Germaanse tale het meer as die meeste ander tale die ablaut behou by vorms van die verlede tyd van die werkwoord, die sogenaamde sterk werkwoorde (Nederlands: zwem -> zwom). Daarnaas het daar vorme van die verlede tyd van werkwoorde ontstaan met 'n dentaalsuffiks (met -d of -t).

[wysig] Klassifikasie

Let wel dat die verdeling tussen Germaanse subfamilies selde presies gedefinieer is; meeste vorm kontinue hellings, met aangrensende variëteite wat ondeling verstaanbaar is en die wat verder van mekaar geskei is nie.

[wysig] Wes- Oos- Noord-Verdeling

Die taalgrense tussen Noord- en Wes-Germaans word vandag deur die Duits-Deense-grens aangedui en het vroeër ietwat verder suid aan die Eider gelê. Tussen die twee groot taalgroepe is daar vloeibare oorgange deur dialekte.

[wysig] Diachronies verdeling

Algemene Opmerking: Die tabel vertoon die opeenvolging van die beduidende historiese stadiums van elke taal (vertikaal), en hulle benaderde groeperings in subfamilies (horisontaal). Horisontale opeenvolgings in elke groep dui nie op die graad van ooreenkoms nie.

Ystertydperk
500 v.C.–n.C. 200
Proto-Germaans
Oos-Germaans Wes-Germaans Noord-Germaans
Suid-Germaans Anglo-Fries
Migrasie tydperk
n.C. 200–700
Goties, Lombardies1   Oud-Frankies Oud-Saksies Oud-Fries Oud-Engels Proto-Noors
Vandaals, Boergondies, Oud-Hoogduits
Vroeë Middeleeue
700–1100
Oud-Nederfrankies Runies Oud-Wes-Noors Runies Oud-Oos-Noors
Middeleeue
1100–1350
Middel-Hoogduits Middel-Nederlands Middel-Saksies Middel-Engels Oud-Yslands Oud-Noors Vroeë Oud-Deens Vroeë Oud-Sweeds Vroeë Oud-Gutnish
Laat Middeleeue2
1350–1500
Middel-Engels Vroeë Skots Laat Oud-Yslands Oud Faroëes Oud Norn Middel-Noors Laat Oud-Deens Laat Oud-Sweeds Laat Oud-Gutnish
Vroeë Moderne Tydperk
1500–1700
Krim-Gothies Vroeë Moderne Hoogduits Nederfrankiese variëteite, insluitend Nederlands en Afrikaans Middel-Fries Vroeë Moderne Engels Middel Skots Yslands Faroëes Norn Noors Deens Sweeds Gutnish
Moderne Tydperk
1700 tot hede
almal uigestorwe Hoogduitse variëteite Nedersaksiese variëteite Fries variëteite Engelse variëteite Skots/ Skotse Engelse variëteite uitgestorwe3 uitgestorwe3

Nota 1: Daar is konflikterende menings oor die klassifikasie van Lombardies. In teenstelling met die geïsoleerde posisie in die bostaande tabel is dit ook al geklassifiseer as naby verwant aan of Opperduits of Oud-Saksies. Kyk Lombardies vir meer inligting.

Nota 2: Laat Middeleeue verwys na die na-Swart Dood tydperk. Die gebeurtenis is veral belangrik vir die taal situasie in Noorweë.

Nota 3: Die sprekers van Norn is geassimileer om Skots te praat en Gutnish is so te sê 'n dialek van Sweeds.

[wysig] Kontemporêre klassifisering

Onder word slegs die belangrikste kontemporêre variêteite weergegee om die grootte van die boom te beperk; individuele artikels verskaf meer detail. Baie Nedersaksies variëteite word byvoorbeeld bespreek in Nedersaksies benewens Noordelike Nederskasies en Plautdietsch wat hier gelys word.

  • Wes-Germaanse tale
    • Hoogduitse tale insluitend Standaard Duits
      • Middelduits (Duits: Mitteldeutsch)
        • Oos-MiddelDuits wat insluit Berlyn-Brandenburgs, Thuringiese Oppersaksies, Duits Lusatian, Nedersilesies, en Transsilvanies-Saksiese
        • Wes-Middelduits wat insluit Middel Frankies dialekte: Ripuaries, Moesel-Frankies (insluitend die Luxemburgse taal en Rynse-Frankies: Lotaringies-Frankies, Palties, Hessian dialek
        • Oorgangsgebiede tussen Middelduits en Opperduits wat insluit Oos-Frankiese Duits, Suid-Frankiese Duits en Pennsylvania Duits ("Deitsch", in die VSA en Kanada)
      • Opperduits (Duits: Oberdeutsch)
      • Jiddisj
        • Westelike Jiddisj (Duitsland, Frankryk)
        • Oostelike Jiddisj wat insluit Noordoostelike Jiddisj, Middel Jiddisj en Suidoostelike Jiddisj
    • Nederduitse tale insluitend Standaard Nederlands en Afrikaans
      • Nederfrankies
      • Nedersaksies (ook Platduits, Plattdeutsch of Plattdüütsch)
        • Wes-Nedersaksies wat insluit Westfalies, Noodelike Nedersaksies, Eastphalian language en verskeie Nederlandse Nedersaksies variëteite.
        • Oos-Nedersaksies wat insluit Mecklenburgies-Pommerees, Oos-Pommerees Brandenburgs, Nederpruisies en Plautdietsch
    • Anglo-Fries
      • Fries
        • Noord-Fries
        • Oos-Fries
          • Saterland Fries
        • Wes-Fries
      • Anglies
        • Engels, met 'n groot invloei van Latynse woordeskat meestal deur Noorman Frans.
        • Skots, met 'n groot invloei van Latynse woordeskat meestal deur Noorman Frans en 'n mate van Skanadinawiese invloed deur Anglo-Deens.
        • Yola - in die 19de eeu uitgesterf.
  • Noord-Germaanse tale
    • Wes-Skandinawies
    • Oos-Skandinawies
  • Alternatiewe klassifikasie van kontemporêre Noord-Germaanse tale
Static Wikipedia 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu