Kliptown
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Kliptown is 'n voorstad van Soweto in Gauteng, Suid-Afrika, geleë ongeveer 17km suid-wes van Johannesburg. Die bevolking van Kliptown is tussen 38 000 en 45 000 (Stadsraad van Johannesburg amptelike webblad). Kliptown is die oudste residensiële voorstad van Soweto en word in 1891 uitgelê op grond wat deel vorm van die Klipspruitplaas. Die plaas is vernoem na die Klipspruit wat naby die plaas verby vloei. Sedert 1903 bewoon plakkergemeenskappe die gebied en bestaan vandag uit 'n mengsel van formele en informele huise waaronder ook die Chris Hani- and Dlamini-nedesettings.
In Junie 1955 was Kliptown die tuiste van die Congress of the People, georganiseer deur die African National Congress, die South African Indian Congress, die South African Congress of Democrats en die Coloured People's Congress. Tydens hierdie byeenkoms word die Vryheidsmanifes aanvaar en bekend gestel. Die Vryheidsmanifes het doelwitte en aspirasies van die opponente teen apartheid uitgespel.
In 2005 het die Johannesburg se stadsraad planne aangekondig vir die hernuwing van die Kliptown area, insluitende 'n grootskaalse behuisingsprojek.
[wysig] Verwysings
- Musiker, N. en R., 1999. A Concise Historical Dictionary of Greater Johannesburg, Francolin Publishers, Kaapstad.
- Johannesburg Stadsraad