Knysna
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Knysna is 'n dorp in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit is 72 kilometer vanaf George en geleë tussen heuwels, langs die Knysna-strandmeer (Engels: lagoon).
Die dorp is in 1804 gestig deur George Rex, na bewering 'n seun van koning George III van Engeland en Hanna Lightfoot, 'n lid van die Quaker-beweging. Die dorp ontstaan op Rex se plaas Melkhoutkraal. Hy lê die grondslag vir die plaaslike houtnywerheid en bou 'n seehawe.
Knysna is vandag 'n sentrum van die houtverwerking met meubels en bote as die vernaamste produkte. Volgens die munisipaliteit van Knysna is daar sowat 51 500 inwoners (2001).
Knysna word omring deur natuurlike inheemse woude en strande. Die strandmeer sluit aan by die see tussen twee kranse wat "die Koppe" genoem word en vorm 'n beeldskone natuurprag. In die Knysna-strandmeer word die bekende Knysna oester gevind sowel as die Knysna seeperdjie.
Die bosse naby Knysna word van oudsher bewoon deur 'n inheemse olifanttrop en deur die Knysnaloerie; 'n klein papegaaiagtige.
Provinsie Wes-Kaap |
|
---|---|
Hoofstad: | |
Streke: |
Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Tuinroete | Klein Karoo | Overberg | Weskus |
Grootste stede en dorpe: |
Kaapstad | George | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Worcester |
Munisipaliteite: |
Beaufort-Wes | Bergrivier | Breederivier | Breederivier/Wynlande | Breedevallei | Kaap Agulhas | Sederberg | Sentraal-Karoo | Kaapstad | Drakenstein | George | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Plettenbergbaai | Prins Albert | Saldanhabaai | Suid-Kaap | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg | |