Krimoorlog
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Krimoorlog 1853 - 1856 was deur die VK, Frankryk, Sardinië en Turkye teen Rusland gevoer op die Krimskiereiland.
Die Russiese tsaar wou die beskermheer van die heilige plekke van Palestina word en het Moldawië en Walachië beset (1853). Die VK en Frankryk het gevrees dat Rusland 'n rol gaan speel in die Middellandse See en het Turkye gehelp. Die bondgenote het Sebastopol op die Krim aangeval en ingeneem.
Nadat Alexander II tsaar geword het, het onderhandelings begin wat tot die vrede van Parys van 1856 gelei het.
Die oorlog het bekend geword deur die rol van Florence Nightingale.